Gesondheid!

ʼn Heildronk op saamwees.

Johannes 2 verse 1 tot 11

11 Februarie 2018, NHKA Kampersrus

Epifanie, Voorbereiding vir die Nagmaal

sea-sunset-beach-coupleHoe ernstig ons ookal raak oor die huwelik, ons sukkel om dit reg te kry, en nog meer om dit te laat hou.  Met die tong in die kies, sê my pa altyd hy het nog nooit egskeiding oorweeg nie, maar moord baie.  Party mense vat dit baie ernstig op en doen presies dit.  Baie mense lag nie vir die grappie nie; dit laat ʼn bitter smaak.  Kyk maar “Skelmpie” op KykNet.  Dis nie snaaks nie.

Baie van ons sit in huwelike wat erg seermaak, oor ons nie moord of egskeiding oorweeg nie, maar uithou en aanhou want ons voel ons het geen keuse nie: ons wil God nie teleurstel nie, kinders nie ontwrig nie, ons familie nie in die skande steek nie, wat gaan buitendien dan van ons word?  En party van ons voel selfs ons verdien dit om swaar te kry en moet daarom maar net vasbyt. Selfs in huwelike vol geweld.

Almal hoop heimlik dat daar iewers vandaan ʼn wonderwerk sal kom.

Kom ons praat vandag met God oor sáámwees en saamblý.

Oor verhoudings en verbintenisse.


Continue reading “Gesondheid!”

Advertisements

ʼn Taak en ʼn Tydgleuf

God het vir elkeen van ons ʼn eie tyd en n eie plek.  Ons het n eie oomblik in die tyd, en n unieke plek in die wêreld.  Om tyd en taak te versoen, dis wat ons hier doen

Prediker 3 : 1 tot 13

5 Februarie 2018, NHKA Kampersrus

Begrafnis, Troosdiens: Heinrich Smit

Die perikoop dring aan op ʼn preek wat rekening hou met die, in hierdie erediens, vermiste teksverse wat onmiddelik volg op vers 13.  Daardie verse plaas die tydbepaaldheid van mense in konteks teenoor die leefwêreld en bestaanswyse van God. Ek het, in die verstaan en toepassing van die onderhawige verkorte Skrifgedeelte, my wel laat lei deur die betekenis van daardie laaste verse, al word hier nie uitdruklik na hulle verwys nie.

    Continue reading “ʼn Taak en ʼn Tydgleuf”

Sal iemand jou nog glo?

Geloofwaardigheid.

As ons, hier in die kerk, die heel beste nuus vir die wêreld het, die heel beste stories het om te vertel, waarom sit die hele wêreld nie hier om te kom hoor wat ons te sê het nie?  Is óns gefop of is húlle ontnugter? Is die evangelie dalk nie sulke vreeslike goeie nuus nie, want God voel wreed en die lewe maak seer?  Maar met ons wat glo, gaan dit dalk nog net te goed?

Of is die sogenaamde goeie nuus net irrelevant, want God is tog nie meer so erg belangrik nie?  Waarom sal dat God dink óns maak vir Hóm saak, nog vir óns saakmaak?

Of is dit afgesaagde ou nuus wat jou verveel, sodat jy nie nodig het om dit weer te hoor nie?  Nou waarom dan is daar soveel haat in ons almal oor?  Die boodskap gaan tog oor liefde, mos?  Kan jy regtig beweer jy het die nuus al goed genoeg uitgeluister?

Of bly mense hiervandaan weg, nie oor die goed wat God sê nie, maar oor wat ek en jy daarvan maak?  Is ek en jy geloofwaardig, sodat as ons iets kwytraak, mense hulle daaraan  steur?   Of vlug mense as ons praat, oor ons nie maak soos ons sê nie?  Is ons trekpleisters, of veroorsaak ons stinkende wonde?

I Korintiërs 9

4 Februarie 2018, NHKA Kampersrus

Epifanie


Continue reading “Sal iemand jou nog glo?”