Tuis

Preke en Prentjies

Die blog het ’n Christelike inslag.

Dit het tans ’n drieledige fokus.

Maar daar is ook ander goed hier:

  • enkele gedigte,
  • ’n gedink oor God, sommige daarvan Hervormd, en
  • goed wat ek van ver af, van oor die water, geskryf het.

Eredienste met Preke en Liturgieë

 

Preke wat in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika se Kampersrus Gemeente gepreek is, ingebed in hulle eie pasgemaakte liturgieë, aangedui as “Eredienste.”

Diensordes is die gebruiklikes van die NHKA, soos uiteengesit by http://www.nhka.org/index.php/so-aanbid-ons-11/liturgie/ordes.html.

Gesange is uit die Liedboek van die Kerk.

Prente kom meestal van die webwerf   https://www.pexels.com/ 

Die preke is my eie, soms met die hulp en leiding van ’n kollega.

Preke verskyn gewoonlik om 09:00 op Sondae.  Dis wanneer ons erediens hier begin.

Kliek hier


Sommer net

Sommer net vir die lekker, skryf ek soms oor goed wat my roer of pla, geestelik of sekulêr. Onderwerpe en menings is net my eie.

Hierdie artikels verskyn soos wat ek hulle neerskryf.

 

Kliek hier


Storieboeke

Ek is geen letterkundige nie, maar ek geniet literêre, en soms net ordinêre, fiksie.  Ek het ’n  leesdoelwit: twaalf boeke ’n jaar.  Ek hou hier boek van die goed, en laat weet of die lees dit werd was.

 

Kliek hier

 

 

 

Advertisements