Hardekop

Om te glo is om te weet ons verstaan nog minder as niks. Niks staan tussen ons en God (nie)

Ek vra by voorbaat verskoning:  Hierdie is ʼn lang erediens. Maar moenie bekommer nie, die Here nooi jou vir ete in die pouse. Wees dus vandag met my geduldig.

Dit pla my dat ons so min van ons eie godsdiens af weet.  En bekommer my dat ons dan ons eie reëls vir ons godsdiens maak, gegrond juis op ons gebrekkige kennis.

Kom ons probeer vandag die Nagmaal bekyk en beleef asof vir die eerste keer;   miskien sien ons dan iets nuuts.  Nie dat wat ons hier gaan doen of sê vir die Kerk nuut is nie; dis stokoud!  Die kuns is om raak te sien waar jy en die sakrament van mekaar verskil.

Basies van die Nagmaal, van die vroegste tye af al, is

  1. Dank aan die Vader
  2. Herinnering aan Jesus
  3. Gebed dat die Gees sal kom.

Hierdie laaste van die drie doen ons nie genoeg nie. Die Heilige Gees help ons om vir God te verstaan en wat in ons lewens aangaan.  Ons wil van die Gees die Nagmaal reg leer doen.

 

Hebreërs 11 : 1 tot 16

18 Augustus 2019, NHKA Kampersrus

Nagmaal.


Continue reading “Hardekop”

Advertisements