Kinders moenie in die water mors nie!

Ons dink vandag oor hoe ons simbole gebruik wanneer ons kerkhou.
Simbole is doodgewone dinge, en simboliese handelinge is alledaagse goed wat jy doen, maar jy heg daaraan ʼn spesiale betekenis en dit kry vir jou uitsonderlike waarde.
Ons het almal ons eie simboliese handelinge, en ons eie stel simbole. Maar simbole hou ook groepe bymekaar. Dié simboliese goed word gom wat mense aanmekaar heg en gemeenskappe laat vorm. Om agter te kom wat daai simbole vir die groep werd is, moet jy net een keer daarvoor lag of daarop trap.
Hoe ons kerkhou, is vol simboliese handelinge wat ons soos rites oor en oor doen. Vandag, hier by die Nagmaal, is daar sommer baie. Ek hoop julle sal sien wat hierdie goed vir julle werd is, en hoekom dit vir julle waarde het.

Hoe gemaak met gemorste water?

I Samuel 7 : 2 tot 17

Psalm 22

18 Februarie 2018, NHKA Kampersrus

Lydenstyd

 


Lees voort “Kinders moenie in die water mors nie!”