Die Grondvatslag

Jesaja 11 verse 1 tot 5

I Korintiërs 12 verse 1 tot 11

9 Julie 2017, NHKA Kampersrus

Die Heilige Gees: Die Gawes

Die gawes wat die Heilige Gees gee, is nie wonders nie.  Hulle lyk meer na doodgewone menslike vermoëns.  Maar moenie dat dit jou flous nie: dis net soveel God se werk as enige wonder, en die kerk kan nie daarsonder nie.   

Daar is iets aan die gawes wat my in angssweet laat uitslaan.  Die Heilige Gees se gawes is hoe God grondvat.  Ek is lief vir vlieg, maar bang vir wanneer die wiele die teerblad tref.  Dis met die grondvatslag van God dat die gawes te make het.  En soms voel dit of die kerk soos ʼn Boeing wat land, hop en dwarstrek. Ek ys vir die einde van die reis.  Maar dis tog in aankoms dat jou reis sin kry. Dis juis vir die grondvatslag dat jy vlieg.


 

Continue reading “Die Grondvatslag”

Advertisements

Dis persoonlik. Dis altyd persoonlik.

Sy is niks.  Sy het niks.  Sy is niemand.  Sy het geen politieke oortuigings nie.  Sy het geen begrip vir rasverskille nie.  Sy ken geen seksuele aantrekking nie.  Sy het nie vooroordeel nie.  Sy glo nie eers nie: die kategese kom nog.  Sy het geen mag nie, geen invloed nie, geen eie wil of reg op n eie mening nie.  Sy het nie waarde nie, sy is nie betekenisvol nie. Sy ís net.  Sy is net dáár.  Sy leef.  Sy is iemand.  Sy is n persoon. Sy is mens.

En net dít is al genoeg om op die beskerming en die hoogagting van God te mag aanspraak maak.    Agter haar staan bankvas, letterlik, die héle Drie-Eenheid, Christus en God die Vader!  Agter hierdie kind, staan Jesus.  Vir hierdie kind is Jesus hier.  Vir hierdie mensie het Jesus gekom en in haar belang tree Hy op.  En agter Jesus, staan God, die Vader.  En as dit by haar dood, en sonde, kom, doen Jesus Christus die vuilwerk.

Spreuke 6 verse 18 tot 23

Markus 9 verse 31 tot 42

10 Julie 2016, NHKA Kampersrus

Werk van die Heilige Gees

TOETREDE

Predikant

Is ons ooit te onbenullig vir God?  Is ons belange ooit te klein vir God dat Hy Hom sal besig hou met wat ons bekommer?  Ons is gering, dis waar.  Maar ons is nie vir God onbelangrik nie.  Dis oor mense ons maklik afskryf dat ons begin glo ons is nie veel werd nie.

Liedere (Sit)

Psalm 105 vertel die storie van hoe God Israel in Egipte gehelp het.  Hulle was uitgelewer aan ʼn vreemde oormag, hulle was ʼn swerwersvolkie sonder eie grond, klein en gering.  Maar vers 4 vertel dat God altyd vir hulle op die uitkyk was.  Kom ons sing

Psalm 105 vers 4.

Psalm 116 vertel weer hoedat God hulpeloses en magteloses red.  En dan staan daar in strofe 6: “Ons dood sien U as geen geringe saak nie. . .” Kom ons sing

Psalm 116 strofes 2 en 6.

Die laaste lied voor die erediens is eintlik een van die kerk se doopliedere en handel oor hoe God oor kinders dink. Omdat dit vandag gaan oor die vraag na hoe onbenullig ons is, en hoe onbelangrik, in die lig van soveel wat in die wêreld gebeur, sing ons hom.  

Gesang 293 strofes 1 en 2

TOETREDE

Ouderling

Toetredelied (Staan)

Kom ons tree nader in ons ontmoeting met God.

Ons sing Gesang 373 strofe 2.

TOETREDE

Predikant

Votum en Seëngroet (Staan)

1

Ek sien na U op, U wat uit die hemel heers.

2

Soos die oë van ‘n slaaf gerig is op die hand van sy eienaar, soos die oë van ‘n slavin gerig is op die hand van haar eienares, so is ons oë gerig op die Here ons God, totdat Hy Hom oor ons ontferm.

Psalm 123

AANBIDDING EN LOF

Ouderling

Sang (Staan)

Kom ons sing

Gesang 212 strofes 1, 2 en 3

Die wil van God

Riglyne vir die geloofslewe (Sit)

In Markus 9 verse 42 tot 50, waarsku die Here Jesus ons om nie van God afvallig te raak nie.  Hy waarsku ook dat ons nie die oorsaak moet wees dat iemand anders van God afvallig word nie.

42

“Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig laat word, vir hom is dit baie beter as ‘n groot meulsteen aan sy nek vasgemaak en hy in die see gegooi word.

43

“As jou hand jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy vermink in die lewe ingaan as dat jy altwee jou hande het en na die hel toe gaan, in die onblusbare vuur.

45

En as jou voet jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy kreupel die lewe ingaan as dat jy altwee jou voete het en in die hel gegooi word.

47

En as jou oog jou van My afvallig laat word, pluk hom uit! Dit is beter dat jy met een oog die koninkryk van God ingaan as dat jy altwee oë het en in die hel gegooi word.

48

Daar gaan die wurm nie dood nie en word die vuur nie geblus nie.”

49

“Almal sal met die vuur van beproewing gelouter word.

50

“Sout is goed, maar as sout sy krag verloor het, waarmee sal ‘n mens dit weer sout maak? “Julle moet werklik sout wees en in vrede met mekaar lewe.”

(Die grondtekste wat vir die 1983-Afrikaanse vertaling gebruik is, bevat geen verse 44 of 46 nie.)

Sang

Ons verstaan hoe erg die sonde is.  Ons neem sonde ernstig op.  Ons bely ons skuld voor God, maar in die verwagting dat daar vir ons genade is.  Dit staan so in

Psalm 69 strofes 1 en 9.  

Genadeverkondiging (Bly staan)

Die Here is altyd genadig.  Markus 10 verse 13 tot 16 vertel hoe Hy sy liefde betoon aan mense wat soos kindertjies na Hom toe kom om die koninkryk van God te kry.

13

Die mense het kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak. Sy dissipels het met die mense daaroor geraas.

14

Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.

15

Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.”

16

Hy het sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelê en hulle geseën.

Geloofsbelydenis (Bly staan)

Ons plaas ons lewes in die hande van hierdie genadige God.  Ons bely vrymoedig ons geloof nes die kerk dit sedert Nicea al doen:

Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van die hemel en die aarde, en van alle sienlike en onsienlike dinge;

en in een Heer, Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, gebore uit die Vader voor alle tye;

God uit God, Lig uit Lig, waaragtige God uit waaragtige God, verwek, nie gemaak nie, een in wese met die Vader;

deur wie alle dinge ontstaan het;

wat ter wille van ons, die mense, en ter wille van ons saligheid, neergedaal het uit die hemel, vlees geword het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria, en mens geword het, wat selfs vir ons gekruisig is onder Pontius Pilatus, gely het en begrawe is;

en op die derde dag opgestaan het volgens die Skrifte;

wat opgevaar het na die hemel, en wat sit aan die regterhand van die Vader;

wat weer sal kom met heerlikheid om te oordeel, dié wat nog lewe en dié wat reeds gesterf het; wie se koningsheerskappy geen einde sal hê nie;

en in die Heilige Gees, die Heer en Lewendmaker, wat van die Vader en die Seun uitgaan, wat saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik moet word, wat gespreek het deur die heilige profete.

Ons glo een heilige, algemene kerk, gegrond op die leer van die apostels.

Ons bely een doop tot vergifnis van sondes;

ons verwag die opstanding van die ontslapenes, en die lewe van die toekomstige eeu.

Sang

Ons bevestig dat ons glo; hoe sukkelend ookal, ons glo tóg. Ons vra God vir standvastigheid.  Ons is van voornemens om ons nou te gaan toespits op gehoorsaamheid.  Ons sing

Gesang 285 strofes 1 en 2

AANBIDDING EN LOF

Predikant

Gebed (Mans staan)

Vrede en orde: hou die magte in toom.

Reën

 

VERKONDIGING

Predikant

Skriflesing (Sit)

 

Spreuke 26 verse 18 tot 23

Bladsy 715 van die Ou Testament.

18

Soos ‘n mal mens wat dodelike pyle rondskiet,

19

so is iemand wat ‘n ander bedrieg en sê: “Ek speel sommer.”

20

Sonder hout bly ‘n vuur nie brand nie; sonder ‘n kwaadstoker hou ‘n rusie nie aan nie.

21

Daar is houtskool nodig vir gloeiende kole, hout vir ‘n vuur, en ‘n twissiek mens vir rusie stook.

22

‘n Geskinder is soos lekker kos, mense sluk dit so maklik.

23

Soos om ‘n potskerf met silwer oor te trek, so is dit om slegte bedoelings agter mooi woorde weg te steek.

 

Markus 9 verse 31 tot 42

Bladsy 64 van die Nuwe Testament.

31

Hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesê: “Die Seun van die mens word in die hande van mense oorgelewer, en hulle sal Hom doodmaak; en drie dae nadat Hy doodgemaak is, sal Hy opstaan.”

32

Hulle het dit nie verstaan nie, maar hulle was te bang om Hom daaroor uit te vra.

33

Toe hulle daarna in Kapernaum by die huis kom, het Hy vir hulle gevra: “Waaroor het julle langs die pad geloop en praat?”

34

Hulle het egter niks geantwoord nie, want hulle het langs die pad met mekaar gestry oor wie van hulle die belangrikste is.

35

Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”

36

Toe het Hy ‘n kindjie geneem en hom tussen hulle laat staan. Hy het sy arm om hom gesit en vir hulle gesê:

37

“Elkeen wat so ‘n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang nie net vir My nie, maar ook vir Hom wat My gestuur het.”

38

Johannes het toe vir Hom gesê: “Here, ons het iemand gesien wat in u Naam bose geeste uitdrywe. Ons het hom probeer keer, omdat hy ons nie volg nie.”

39

“Moet hom nie keer nie,” sê Jesus, “want daar is niemand wat ‘n kragtige daad in my Naam sal doen en net daarna minagtend van My sal kan praat nie.

40

Wie nie téén ons is nie, is vír ons.

41

“Elkeen wat vir julle ‘n beker water te drinke sal gee omdat julle aan Christus behoort, hy sal beslis die beloning daarvoor kry. Dit verseker Ek julle.”

42

“Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig laat word, vir hom is dit baie beter as ‘n groot meulsteen aan sy nek vasgemaak en hy in die see gegooi word.

Galasiers 1 vers 9 sê:      

As iemand aan julle ‘n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat julle ontvang het – die vloek van God sal hom tref!

Sang (Staan)

Gesang 543 strofes 1 en 2

Preek (Sit)

Om 2 uur Sondagmôre 12 Junie is Omar Mateen, ʼn 29-jarige Amerikaner, ʼn nagklub in om te gaan mense jag.  (As jy sinies wil wees kan jy byvoeg: soos wat Amerikaners maar geneig is om te doen om die verveling te verdryf.) Teen vyfuur die oggend, toe hulle hom eindelik doodkry, was hy man-alleen verantwoordelik vir die grootste dodetal in ʼn terreuraanvaal op Amerikaanse grond sedert 9 September 2001.  Nege en veertig mense is daai nag in Orlando, Florida, dood; nog drie en vyftig is swaar gewond.

ʼn Meisie wat die nag saam met ʼn vriendin “Pulse” toe is, het in ʼn toilet tussen dooie en swaar verwonde mense gaan wegkruip.  Sy het haar dood gehou in die hoop hy sien haar nie.  Vir drie ure het sy daar gelê.

Sy vertel dat sy hom aan die ander kant van die toiletdeur gehoor oproepe maak het.  Hy het sy vrou gebel, gevra of sy nuus kyk.  Hy het die polisie gebel, dreigemente gemaak en eise gestel.  En hy’t vir 911 oor die foon vertel:  “Hoor hier, dis regtig niks persoonliks nie.  Ek wil net hê dat my storie gehoor word.”

“Dis niks persoonliks nie.”  Hy het niks teen enigeen van hierdie mense nie.  Nege en veertig ma’s en pa’s se kinders lê dood, nog 53 bloei.  Dog, moenie bekommerd of ontsteld wees nie, ek het niks teen julle nie.

Hy het daarna by die toiletdeur ingeloer om seker te maak almal daarbinne is dood, en vir die wis en onwis ʼn paar skote tussen hulle ingeskiet, die jongmeisie getref en geloop.

Soos ʼn mal mens wat dodelike pyle rondskiet,

So is iemand wat ʼn ander bedrieg en sê: “Ek speel sommer.”

Ek speel sommer.

Sy en die 52 ander wat seergekry het, kan hulle daaraan troos dat dit nie is oor hulle Swart of van Spaanse afkoms is dat die ding hulle oorgekom het nie.  Swart en Spaans verdien vir jou geen respek in die VSA nie:  te veel Wit Amerikaners is skaamtelose rassiste.  Maar dis nie oor ras dat juis hulle geteiken is nie, al was die aand by “Pulse” aan die klub se Swart en Spaanse klante opgedra.  Mateen was self van Afghaanse afkoms.

Die slagoffers kan ook daaroor goed voel dat daar geen homofobie by die aanval betrokke was nie.  “Pulse” is wel ʼn gay klub, maar Mateen was dalk self gay want hy het die plek dikwels besoek.  Die plek was ook nie vreeslik Christelik sodat mens godsdienstige motiewe agter die aanval hoef te soek nie, al was Mateen ʼn Moslem.

Van van alles is dit die belangrikste: natuurlik was dit oor niks persoonliks nie.  Moenie dus sleg voel nie.  “Ek speel sommer ʼn bietjie met julle almal. Ek speel sommer ʼn bietjie met dodelike pyle, met vuur…”

*

Sang (Staan)

Kom ons sing hierdie lied as n gebed vir alle slagoffers van sinnelose en van kwansuis betekenisvolle geweld.  Hulle moet van ons hoor dat hulle dood nie vir God of vir ons n geringe saak is nie.

Gesang 519 strofes 1, 2, 3 en 4

Jesus het ook ʼn boodskap wat Hy wil laat hoor.  Daarvan gaan Hy self dood, niemand anders nie;  nie ʼn haar val van enigiemand anders se kop nie.  En die keer is dit persoonlik; dis altyd persoonlik. Hy skeer nie die gek of speel speletjies nie.

Preek voortgesit (Sit)

 

Ek gaan nie meer lank lewe nie, sê Jesus vir sy groepie dissipels.  Mense gaan My doodmaak.  Ek sal opstaan, maar Ek gaan eers dood.

Die dissipels hoor dit nou vir die tweede keer, kort na mekaar. Hulle weet nie wat om daarvan te maak nie.  Die gepraat oor geweld maak hulle bang, te bang om vir Jesus daaroor uit te vra.  Maar dit gons onder hulle.

Op die reis deur Galilea Kapernaum toe, dink hulle bekommerd na oor die implikasies van wat Hy sê, bespiegel hulle oor wat gaan word as Hy weg is. Hulle haak vas by sy doodgaan: hulle het geen verwagting dat iemand wat doodgaan, weer gaan opstaan nie; hoekom sou hulle?, dis tog onmoontlik!

Die vraag kom by hulle op: as Jesus wegval, wie’s van ons wat oorbly die belangrikste?  Wie van ons sal kan oorneem en die dissipelkring lei?  Dis ʼn billike vraag.  Maar dan word nadenke oor wie die belangrikste onder hulle is, ook magstryd.  So werk politiek:  dit soek eiebelang, en dit lei tot ʼn gestry oor watter een van hulle by Jesus kan oorvat.  Hulle kry nie konsensus nie.  En hulle kry te skaam om vir Jesus te vertel dis waaroor hulle geloop en kyf en kibbel het toe Hy daarna uitvis.  Hoe sê mens vir iemand jy beplan ʼn magsoorname na sy dood?   Dis tog persoonlik.

Daai aand laat Jesus hulle in ʼn kring sit.  Wie wil eerste wees?, vra Hy.  Wil jy eerste wees, moet jy laaste wees, almal se bediende, sê Hy.

Dis vreemd. Dit maak eerlikwaar tot vandag toe nog geen sin nie.  Kan dit wees dat Jesus die wêreld so verkeerd verstaan?  Die wêreld werk immers met leiers en volgelinge, met mense wat beheer kan vat en mense wat opdragte kan uitvoer.  In elke menslike kring loop iemand voor, iemand met bestuursvernuf, iemand met onderskeidingsvermoë, wat standvastig, oortuigd, volwasse en afgerond is.  Leiers druk hulle eie stempel af, loop voor, gee koers.  Dienswilligheid het seker in leierskap sy plek. Maar kan sulke oordrewe nederigheid in leierskap werk? ʼn Leier laat nie twyfel toe oor hoe belangrik hy vir die groep is nie.  Wie wil leiding gee, maak seker almal besef wat hulle in hom het.

Maar Jesus weet dit ook.  Die kanse is beter dis óns wat vir Jesus nie verstaan nie.

Jesus roep ʼn kind en laat haar tussen hulle staan.  Daar is geen manier dat Jesus kon bedoel het om te sê die dissipels moet die kind, of enige ander kind, as leier van hulle groep aanstel as Hy doodgaan nie.  Benewens die feit dat ʼn kind van die koninkryk niks weet nie, gebeur hierdie gesprek 2000 jaar voordat ons menseregte uitgedink het, en 2050 jaar voor kinders ook mense-status en -regte gekry het.  Dog, hier staan nou die kind: destyds die onbenulligste, die geringste, die onmerkwaardigste, die kleinste en die minste van almal, nou die belangrikste van ons almal.

Wat Jesus sê, is dat wie belangrikste is, nie noodwendig ook leier is nie.   Belangrikheid en leierskap is nie een en dieselfde nie.  Wie belangrikste is, is nie noodwendig die een wat alles in die groep doen of laat gebeur nie.  Dis wel wat die leier doen; dis sy werk.  Maar die groep se agenda, die leier se taak, is om die belange te dien en te beskerm van die een in die groep wat nie self ʼn stem het nie, die een wat nie vir haarself kan sorg nie, die een wat nie vir haarself kan opstaan nie, die een wat afhanklik is van die ander vir sorg en vertroeteling en beskerming.  Dáárdie een se belange moet prioriteit kry.  Daardie persoon se lewe moet beskerm word.  Veral haar lewe is die groep se grootste bekommernis, hulle belangrikste verantwoordelikheid.  Of daai nietigste een, die afskryfbare een, die pion op die skaakbord, vir die groep waardevol genoeg is dat hulle hulle op haar instel, dis die toets vir of hulle die rede vir die groep se bestaan verstaan.

Sy is niks.  Sy het niks.  Sy is niemand.  Sy het geen politieke oortuigings nie.  Sy het geen begrip vir rasverskille nie.  Sy ken geen seksuele aantrekking nie.  Sy het nie vooroordeel nie.  Sy glo nie eers nie: die kategese kom nog.  Sy het geen mag nie, geen invloed nie, geen eie wil of reg op n eie mening nie.  Sy het nie waarde nie, sy is nie betekenisvol nie.

Sy ís net.  Sy is net dáár.  Sy leef.  Sy is iemand.  Sy is n persoon. Sy is mens.

En net dít is al genoeg om op die beskerming en die hoogagting van God te mag aanspraak maak.    Agter haar staan bankvas, letterlik, die héle Drie-Eenheid, Christus en God die Vader!  Agter hierdie kind, staan Jesus.  Vir hierdie kind is Jesus hier.  Vir hierdie mensie het Jesus gekom en in haar belang tree Hy op.  En agter Jesus, staan God, die Vader.

“Elkeen wat so ʼn kindjie in my Naam ontvang, ontvang My;

en elkeen wat My ontvang, ontvang nie net vir My nie, maar ook vir Hom wat My gestuur het.”

Hierdie kleinste en onbenulligste van mense, hierdie een wat nie eers weet sy is Swart of Spaans nie, hierdie een wat nog niks verstaan van seksuele oriëntasie nie, hierdie kind wat geen idee het van geskille tussen Moslems en Christene nie, van die politiek agter Amerika se inmenging in Sirië of Irak nie,  hierdie kind is God se fokus.  Haar lewe is sy doel.  Haar behoud is sy saak.  Dis persoonlik.  En elkeen wat haar net soveel as ʼn glasie water gee om te dink, en haar lewe sodoende in stand hou, dien daarmee vir God en doen aan haar wat Hy gedoen wil hê.

“Dit verseker Ek julle”, sê Jesus.  Elkeen wat haar belange dien, en vir haar omgee en vir haar lewe sorg, sal die beloning daarvoor kry.

Maar raak net aan haar om haar seer te maak, en jy kry met die volle woede van die Almagtige God te doen.

Maar dis nie oor Jesus vir die kind jammer voel, of dink sy is die ene onskuld, of vreeslik weerloos en uitgelewer aan ʼn wrede wêreld dat Hy Hom oor haar ontferm nie.  Die dissipels is vinnig om op te let dat as dit die geval is, Jesus die kind met ʼn roosgetinte bril bekyk. Sy het geen groot geloof nie, sy verstaan nie die implikasies van God by ons en ʼn koninkryk wat kom nie. Sy weet niks.

Johannes verwoord hulle beswaardheid.  Hy haak af en sê: “Here, ons het iemand gesien wat in u Naam bose geeste uitdrywe. . .” Hy kry reg wat ons nie eers kan nie! “Ons het hom geprobeer keer, omdat hy ons nie volg nie.” By implikasie: Here, as ons hierdie kind as die belangrikste onder ons sou moes beskou en haar belange dien, hoeveel te meer sou ons nie hier onder ons die kêrel moes eer wat u Naam misbruik om geeste uit te drywe, maar hy is nie eers een van ons nie?  Is hy dan nie beter gekwalifiseer ons ons te kom lei as wat selfs ons is nie?  Is hy belangriker as ons? Ons wat nou die dag gevra is om ʼn bose gees uit ʼn seun uit te dryf en dit toe, tot groot verleentheid, nie kon regkry nie. . .

“Moenie iemand wat my Naam gebruik om duiwels uit te dryf, probeer keer nie,” sê Jesus.  “Want daar is niemand wat ‘n kragtige daad in my Naam sal doen en net daarna minagtend van My sal kan praat nie. Wie nie téén ons is nie, is vír ons.” Laat die ou dus maar daarmee aangaan.  In feite volg hy ons tog.  Maar dis nie dieselfde as om te sê dat hier by ons, ons op hierdie kind, haar sorge en kommer, haar welsyn en haar lewe, moet fokus nie.

Ons moet besluit wie se belange ons dien.  Wie se belange kry prioriteit.  Wie se belange is hier die belangrikste.  Nie die leiers is van almal in die groep die belangrikste nie, maar die kleinstes.  Leiers moet die kleinstes kan raaksien, regtig raaksien vir wie en wat hulle is.  Ons moet die geringstes kan raaksien en hulle na waarde kan skat.  Ons moet die oënskynlik onbelangrikes en onbenulligstes onder ons se belange dien.  Ons moet besef die nietigste lid van die groep maak die meeste saak.

Ons moet mense raaksien waar ander net gebruiksgoed sien.

Ons moet lewe koester, en nie mense doodluiters tot kanonvoer verklaar nie.

So belangrik is hierdie kind, hierdie kleintjies onder ons, hier geminagtes, hierdies wat ons so maklik geneig is om te onderskat, te misken en te minag,  dat as jy net een van hulle van My af wegjaag, is dit vir jou beter jy sterf self gewelddadig as dat Ek jou daaroor in die hande kry.  Kap jou hande en jou voete af, grou jou oë uit, as dit gaan help keer dat jy die onbenulligstes in die koninkryk gaan onderskat.  Want die hel wat vir jou wag, ken geen verligting nie.

Want geen groepsaak, geen beleid, of ideologie of politieke droom, geen  godsdienstige ideaal of geloofsoortuiging, geen sosiale gebruik, tradisie of lewens- en wêreldbeskouing nie, niks troef die lewe van n mens nie, nie eers van n kind nie.

As een van ons moet sterf, as een van ons tog vir die saak en die boodskap van God geoffer moet word, doen Jesus die vuil werk.  Dis Jesus Christus wat aan die kruis hang, nie sy nie.

Jy sien, Jesus doen dit andersom:  Hy sterf vir haar.

Dis die goeie nuus. Nêrens in die Bybel, nooit nie, eis God n mens se dood nie, nie as offer nie.

As dit daarop neerkom, sterf Hy self.  Dis persoonlik.  Altyd persoonlik.

*

Pulse OrlandoDaar waar sy tussen toilette en dooies lê en wag het op ʼn doodskoot, hoor sy haar moordenaar sê:  “Moet dit nou nie persoonlik opvat nie.  Dis niks persoonliks nie, hoor.  Ek speel sommer net ʼn bietjie met die idee dat as Amerika hom vervies vir my doodmakery, hy sal ophou om in Sirië en Irak te gaan dood saai. Dis jammer jy moet doodgaan, maar glo my, ek het niks teen jou nie.  Moet dit tog net nie persoonlik opvat nie.”

Wat ʼn wonderlike troos!  Wat ʼn verstommende inspirasie om van jou moordenaar te hoor jy maak glad nie saak nie.  Jy is hoegenaamd nie belangrik nie.  Jou lewe is vir hom op aarde niks werd nie.  Die aantal dooies waartoe jou dood gaan bydra as hulle later die lyke kom tel, gaan sy saak help – ongelukkig, in die geval, nou nie jou saak nie – net syne.  Maar vandag eien hy hom die reg toe om, gegewe die hoër, reiner doel, oor jou toevallige teenwoordigheid hier en jou eintlik maar waardelose lewe te besluit.

So dink ons oor lewe as ons sonder God dink.  So dink ons oor mekaar as God nie betrokke is nie. So lyk die wêreld wat vir God nie ken nie.

Sien die kleinste en die nietigste, die mees veragte en die sondigste raak.  Ken aan hulle waarde toe.  Agter hulle staan Christus, en agter Hom staan God.  In hierdie onbenulligstes kry jy met God te doen.  Sorg vir hulle, pas hulle op.  Laat hulle besef hulle is jou taak en jou fokus.  Hulle belange is jou agenda.  Gun en gee aan hulle die geborgenheid en die beskerming van die kerk.  Dien hulle. Dien die kleinstes en die weerloses, nie oor hulle goed is nie, maar oor almal anders hulle afskeep en verniel en vir eie gewin gebruik.  Pas hulle op, tree vir hulle in.

As ons die skynbaar onbelangrikstes onder ons kan vier as juis die een wat ons met die grootste sorg moet dien, dan het ons daarin geslaag om Christus en God in ons gemeentewees te ontvang.

Dis persoonlik.  Dis altyd persoonlik.  Ons speel nie net kerk nie.

DANKGEBED, VOORBEDES

Predikant

Gebed (Mans Staan)

WEGSENDING

Slotsang (Staan)

Gesang 513 strofes 1, 2 en 3

Seën (Staan)

4

“Aan julle, my vriende, sê Ek: Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak en daarna niks verder kan doen nie.

5

Ek sal vir julle sê vir wie julle bang moet wees: vir Hom wat mag het om, ná die dood, in die hel te werp. Ja, Ek sê vir julle, Hóm moet julle vrees.

6

“Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie.

7

Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

Lukas 12 verse 4, 5 en 6

Respons (Staan)

Gesang 222

WEGSENDING

Ouderling

Afkondigings

Diakens

Insameling van die dankoffers

 

 

Hokaai! Stadig nou…

Dit is maklik om verontreg te voel; verontwaardig, gekrenk, gewond, vervolg.  Arme ek!  Hoekom ek? Wat op aarde het ek ooit gedoen om so verguis te word? Dis tog valse getuienis, kwaadpraat!

Woede en wraak sou werk.  Heilige woede, minstens smoorkwaad wees, is meer as net geregverdig.

Dog, sou ʼn herrie heilsaam wees?  Wie sou daarby baatvind?  Wat sou dit getuig van die genade waarvan ek en die kerk leef?  Dat ek dit kan preek maar nie gebruik nie? Dit gaan tog nie die integriteit wat ek soek, vestig nie?

Wat sal gebeur as ek dit net los?  Sal dit lyk na instemming, skulderkenning?  Asof ek bang is om te reageer vir geval ek uitgevang raak?

Beide laat my sleg lyk.  Nie dat ek omgee hoe ek lyk nie; ek is daarvoor nou al te oud en gesout.   Buitendien leef ek van genade. Ek is veel meer besorg oor wat dit van geloof sê, van God, Christus, die Gees, van die kerk en die gemeente, en van liefde. Van ons almal saam se sukses teen sonde.

Nòg woede, nòg swig, nòg swyg dien die evangelie.

Soek vrede en jaag dit na, sê God.  Hê lief, selfs vir jou vyande, en vergewe sewentig maal sewe kere. Gee hoop. Werk sagkens. Sorg. Troos. Spoor aan.  Gee lewe.

Dis wat ek sal doen.

Ek soek nog: watter gewroeg, wonder ek, noop sulke ysingwekkende haat?  Watter pyn dring tot sulke drif? Watter dieper worsteling met onreg lei tot hierdie wrewel? Waarvandaan die verwyt? En hoe kies haat ʼn teiken?

Ek sal groet.  Ek sal praat.  Ek sal aanhou, sonder om self te haat.  Ek sal ruimte laat vir eendag se gesondmaak. Ek sal ander se paaie gelykmaak, want dis wat ek vir myself vra.Stadig maar seker

Dis presies wat my al oor gelowiges so gefrustreer het, ek besef dit: dat hulle hulle gans te ordentlik hou om met gesag ʼn streep te trek en ʼn einde te maak aan volhardende sonde en voortslepende moeilikheid.  Daar sit dus risiko in.  Maar ek weet ook dat ons elkeen ʼn kans of sewe en sewentig kry om op te staan. Ek gun dit. Dié uitkoms is die gevaar werd.

God wag. God vat dit kalm. God haas Hom langsaam.

God wag, het ek eenmaal gepreek: God wag geduldig vir die agteros om in die kraal te kom, vir die verlore skaap om weer op te daag,  vir die swakkes om in te haal en die sondaars om by te kom.  En Hy doen dit al hou Hy daarmee die hele geloofsgemeenskap terug. Hy maak seker hulle is eers almal daar voor Hy laat tentpenne uittrek en saam met die volk pad vat.  Hy trek teen die tempo wat die stadigste ou kan byhou.  Ek glo dit steeds.

Stadig, stadig dus.  En ek sal wag. God het my geleer hoe.