Wat ʼn afgryslike plek is dit dié!

Ons bely dat ons glo in “een, heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges. . .”

Wat vir ʼn ding is dit?  Hierdie één kerk, hierdie héilige kerk, hierdie álgemene (of katolieke) kerk.  Is hierdie gemeente deel daarvan?  Wie’t so gesê?  Hoe weet ons dit? Lýk dit so? Waarna kyk mens om dit uit te vind?

Uit die staanspoor gaan ons moet sê: die kerk is nog een van daai gawes wat mens van die Heilige Gees af kry. En die res hang ook maar alles daarvan af.

Jakob lê iewers op ʼn klipkussing en slaap, en droom toe van ʼn plek waar God woon.  Durf ons oor die kerk ook droom?  Ons noem die kerk ook mos die Here se huis?

Wel, Jakob se reaksie op sý droom, laat dit meer na ʼn nagmerrie klink!

Die kerk is ʼn gawe van die Heilige Gees.

Genesis 27 vers 42 Tot 28 vers 22

30 Julie 2017, NHKA Kampersrus

Die Heilige Gees se werk.


Continue reading “Wat ʼn afgryslike plek is dit dié!”

Advertisements