Uit en tuis?

 

By die Here tuis?  Nee, jou huis is waar jou maag is.  

“Mý huis, mý reëls.”  Dan sal Ek, as daar fout is, jou kom soek, jou kom haal.  Só sê ook ons Pa.  Daar is net een probleem:  Voel ‘n mens tuis in jou pa se huis as sý reëls daar geld, en jou pa nie in ag wil neem dat jy mos nou al mooi groot is nie, groot genoeg mos om jou eie ding te mag doen?         

 

Eksodus 40

7 Maart 2021, NHKA Kampersrus

Lydenstyd 


Lees voort “Uit en tuis?”

Baie sonde, baie genade, baie liefde.

Dankbaarheid is nie ‘n toutrekkery nie.

Kom ons wend tog net ‘n poging aan tot dankbaarheid wat wys.  Wees dankbaar genoeg om nie so vas te wil glo net jy is reg nie, en dat jy jou oor ander kan aanstel en regter speel nie.  Wees dankbaar genoeg om nie net op jou eie dun velletjie gesteld te wees nie.  Oorgevoeligheid, nes oorlog, deug nie.  En wees dankbaar genoeg om, as jy voor God kom, nie jou dank met ordentlikheid te verdun nie. As jy huil, was sy voete met jou trane.  As jy feesvier, trek jou trourok aan.

Dís onbeteuelde dankbaarheid, nie toutrek nie.

I Samuel 25, Lukas 7.

23 Februarie 2020, NHKA Kampersrus

Dankdiens na Nagmaal.


Lees voort “Baie sonde, baie genade, baie liefde.”

Dankie: Dank u?  

As genoeg al te veel is.

Dankbaarheid is die een woord waarmee Hervormdes ons hele lewe saamvat.  Alles wat ons is en doen, is doodgewoon dankbaarheid.

Dank is ʼn respons, ʼn reaksie op ʼn gawe.  ʼn Gawe kom altyd van ʼn gewer af.

Dankbaarheid is nie wat ons van nature voel nie.  Ons verkies verdienste, of dat ons reg het op iets. Ons waardeer prestasie en teenprestasie.  Van dank hou ons nie soveel nie, want dank impliseer afhanklikheid van iemand anders se gunste en gawes, wat ons weer laat skuldig voel.  Ons haat dit.  Behalwe as ons daarop kan aandring dat óns bedank word, want dan erken die dankbares darem óns goedheid. (En oor ons goedheid kan daar tog nie twyfel bestaan nie?)

Pasop!  Dank kan, nes ondankbaarheid, ook sonde word, van almal dalk selfs die grootste sonde.

Die vraag is: Wanneer kom die “dankie” dan?  Iewers in die omgewing van “genoeg”, sou ek sê.

Lukas 12:13-34

17 November 2019, NHKA Kampersrus

Eskatologie.  Dankdiens na Nagmaal.


Lees voort “Dankie: Dank u?  “