Kry net eers jammer.

Ons staan en kyk verslae hoe ʼn lewe by ons ineenstort.

ʼn Deel van my sê dit moes nie hier by ons kon gebeur het nie.  Sou dit kon, moes dit privaat wees, met hoogagting vir die heilige ruimtes van die persoonlike.  Maar met toegang tot sosiale media, mors die binnegoed van ʼn mens op ʼn verhoog uit.  Ten aanskoue van ons almal, gaan ʼn mens tot niet, en ʼn goeie naam stort in duie, alles weens eie toedoen.

ʼn Tragedie speel hom voor ons oë af.

Fyn, fyn is die lyn tussen gewrigte en murg, gewas en gesonde weefsel van die brein.  Nog fyner die skeiding tussen gesond en geheelenal koplos: Geen vreemde groeisel wat dalk uitgehaal kan word, is daarvan die oorsaak nie.  Jou kop verdwaal sommer self in die doolhof van verskuiwende paadjies tussen harsings deur.  Jou verstand speel met jou wegkruipertjie.  En dan, vind jy jou gedagtegang, wentel jy al om die stukkie daarvan wat vir jou nog halfpad sin maak, soos ʼn platespeler se naald vashaak in die groewe van ʼn langspeelplaat.

Waar die brein van vol is, loop deur die mond en vingerpunte leeg.  Jy saai uit op die FM van facebook en whatsapp.

Kyk tog net fyn en maak eers seker jy sien die lyding raak, voor jy klippe optel, selfs ter selfverdediging.  Kry net eers jammer.

Dat ander mense bygesleep word en onder die modderreën deurloop, is rede genoeg tot verontwaardiging.  Maar die een ding wat ons nog het wat jy in kopverloor kwyt is, is selfbeheersing.  Selfbeheersing getuig van goeie oordeel.  Stadig oor die klippertjies.  Onderskeidinggsvermoë is Geestesvrug.

Ons almal ken die mense wat deurloop.  Ons het begrip vir hoe hulle ook seerkry.  Maar ons weet ook wat waar is.

Kyk tog net fyn en maak eers seker jy sien die lyding raak, voor jy klippe optel, selfs ter selfverdediging.  Kry net eers jammer.

En onthou:  Wat ons is, is net genade.

Advertisements

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.