Vanself goed genoeg?

Galasiërs 5 : 13 tot 15 (of tot 26).

Daar is goeie en slegte nuus. Kom ons begin maar by die slegte: die sonde.

Ons is nie sommer vanself al voor God ooit goed genoeg nie. Die Bybel praat van sonde, en dan van goedheid, of regverdigheid (wat maar net ʼn ander woord is vir “voor God goed genoeg” te wees).

“Sonde” beskryf óns:

Ons is aan die sonde verkoop, slaafs daaraan verknog.

Almal is sondig, jy ook.

Niemand is goed nie, jy ook nie.

Ons wil dit nie hoor nie. Gaan vertel dit maar vir ouens wat glo hulle is nie naastenby so sleg as wat God beweer nie.  Niemand nie, nie eers God nie, durf jou neus in jou eie drek kom vryf nie.  My mishoop is my mishoop.  Al is ek nou nie altyd heeltemal so welriekend nie, is dit oor die lewe so hard is, en ek so hard daaraan werk. Ek dra my ongewaste stank met trots.

Jy steek vir niemand sonde so goed weg as vir jouself nie!  En die dag as jy nie meer kan nie, verbeel jy jou jy sal vanself weer regkom.

Niemand gaan vanself van sonde gesond word nie.

Moenie dink God vertel jou hoe om goed of beter te word nie.  Die kerk het dit helaas al gedoen, soos met die sondelysies in die nagmaalsformulier.  Om éérs goed genoeg te moet word vóór jy by God aankom, strook nie met die goeie nuus nie.

Daar ís darem goeie nuus ook.

Die kerk is nie vir sonde blind nie. Die kerk weet hoe diep sonde sit. Dis natuur. Ons ís dit. Sonde is ons “self” en ons “vanself”. Sonde is ons “doodgewoon”, “normaal” en “natuurlik”. Sou jy, of die kerk, die sonde eers uit jou wou uithaal voor jy dit by God mag waag, gaan daar niks van jou oorbly om voor God te gaan staan nie.

Daarom: Kom nes jy daar is, kom kerk toe. Kom na God toe. Niks kan jou meer keer nie. Dis die goeie nuus.

 

Ds. Hennie la Grange

Kampersrus

 

Advertisements

One thought on “Vanself goed genoeg?

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.