Solus Christus

Ons loof Jesus Christus. Jesus is die enigste Middelaar.  Jesus is die een en enigste een, die enigste Persoon en die enigste Manier waarop ons en God aan mekaar verbind is nou nadat die sonde ons van God vervreem het.  Sonder Jesus is daar geen manier waarop ons en God bande smee nie.

Hoe doen God dit?

God die Vader gee vir ons sy Seun, Jesus Christus.

Jesus Christus, God die Seun, aan ons Homself.

God die Heilige Gees gee aan ons Jesus Christus, God die Seun.

Die Drie-Enige God, Vader, Seun en Gees, gee vir ons Christus.  Dis duidelik op Jesus Christus dat ons ons moet instel.

Maar ons het tougeloop.  Dalk nou nog.  En dit kan n woedende kopseer afgee.

I Korintiërs 2 vers 2 tot 10

 

15 Oktober 2017, NHKA Kampersrus

Koninkryk / Die Hervorming 500 jaar: die vyf solas van die Hervorming

Skyfie: Die Hervorming 500 jaar 1517 – 2017

Vooraf

Predikant

Die Protestantse tradisie wat met Maarten Luther se Hervorming in 1517 begin momentum kry het, laat ons fokus op wat nou nog die kern van ons geloof is.

Skyfie: Die 5 solas

Luther-hulle het net hierdie drie dinge beklemtoon.

  1. Sola scriptura – Net die Bybel (die Skrif is die enigste bron en maatstaf van geloof.)
  2. Sola fide – Net geloof (geloof is die enigste maatstaf van verlossing)
  3. Sola gratia – Net genade ( genade is die enigste grondslag van redding)

Later is die laaste twee bygevoeg.

  1. Solus Christus – Net Jesus Christus (Christus is die enigste redder)
  2. Soli Deo gloria – Net aan God die eer (alle eer vir ons heil kom alleen aan God toe)

Vandag dink ons oor hoekom “net Jesus Christus” sentraal staan in wat ons glo.  Ons gaan vandag dus verder as die Lutherse Hervorming van 1517, maar dis die logiese konsekwensie van wat Luther gesê het.

Skyfie: Solus Christus

Ons loof Jesus Christus. Jesus is die enigste Middelaar.  Jesus is die een en enigste een, die enigste Persoon en die enigste Manier waarop ons en God aan mekaar verbind is nou nadat die sonde ons van God vervreem het.  Sonder Jesus is daar geen manier waarop ons en God bande smee nie.  Hoe doen God dit?

Skyfie: Solus Christus: Vader, Seun en Heilige Gees

God die Vader gee vir ons sy Seun, Jesus Christus.

Jesus Christus, God die Seun, aan ons Homself.

God die Heilige Gees gee aan ons Jesus Christus, God die Seun.

Die Drie-Enige God, Vader, Seun en Gees, gee vir ons Christus.  Dis duidelik op Jesus Christus dat ons ons moet instel.

Kom ons hoor vir God oor Jesus praat.

Skyfie: Sing Gesang 558 strofes 1,2,3,4 (Sit)

Kom ons sing oor die grote Christus van God.  Later loop die gebed uit op ʼn loflied aan die Drie-Enige God. Dis ʼn onbekende lied, ʼn gebed.  Bly sit terwyl julle sing.

Sing (Sit)

Gesang 558 strofes 1,2,3 en 4

TOETREDE EN AANROEPING

Predikant

Skyfie: Sing Gesang 585 : 1,2 (Staan)

Ons toetredelied sing oor Jesus Christus as ons Middelaar, die Een wat tussen ons en God kom staan. Hy weer die oordeel oor sonde van ons af, en bewerk vir ons vryspraak. Dit vat saam waaroor vandag se erediens gaan.  Dis daarom ons toetredelied.  Staan en sing saam

Toetredelied

Gesang 585 strofes 1 en 2

TOETREDE EN AANROEPING

Predikant

Skyfie: Votum en Seën. Hy wat is en wat was en wat kom, groet ons. (Staan)

Votum (Staan)

4        

. . . Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon,

5        

en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos

6        

en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader. Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

Openbaring 1

LOF EN AANBIDDING

Ouderling

 

Skyfie: Sing Gesang 156 strofes 1,2,3 en 4 (Staan)

Kom ons loof die Here met

Lofsang (Staan)

Gesang 156 strofes 1,2,3 en 4

Skyfie: Die wil van God: hou by hoe God jou vryspreek. Glo! (Sit)

Die Wil van God, Skuldbelydenis en Genadeverkondiging (Sit)

Dit is die wil van God dat ons ons sal steur aan die manier waarop God mense vryspreek. Dis hier, met hoe God mense vryspreek, dat die Hervorming begin.  Luther lees wat Paulus in Romeine 10 sê:

3        

Hulle het hulle nie gesteur aan die manier waarop God mense vryspreek nie. Hulle wil niks van God se manier van vryspraak weet nie; hulle probeer dit op hulle eie manier kry.

4        

Christus is tog die einde van die wet, sodat elkeen wat glo, vrygespreek kan word.

5        

Moses skryf naamlik van die vryspraak op grond van wetsonderhouding dat die mens wat doen wat die wet beveel, daardeur sal lewe.

6        

Maar van die vryspraak deur die geloof sê hy: “Moenie by jouself sê: ‘Wie sal na die hemel toe opklim?’ nie,” dit is, om Christus af te bring,

7        

“of: ‘Wie sal na die onderaardse diepte toe afdaal?’ nie,” dit is, om Christus uit die dood terug te bring.

8        

Nee, die Skrif sê: “Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.” En hierdie woord is die boodskap van die geloof, en dit is wat ons verkondig:

9        

As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

10      

Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered.

11      

Die Skrif sê tog: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.”

12      

“Niemand nie!”

Skyfie: Geloofsbelydenis Sing Gesang 177 twee keer (Sit)

Geloofsbelydenis

Kom ons bely ons geloof met ʼn lied.  In die middel van ons geloof staan een Persoon, ʼn mens wat ook God is, Jesus Christus, ons Here.  Bly sit en sing saam dat ons geloof gaan oor Hom.

Sang (Sit)

Gesang 177 twee keer.         

VERKONDIGING

PREDIKANT

Skriflesing (Sit)

Skyfie: Kom ons lees die Bybel

Kom ons lees uit die Bybel.  Hoor eers wat vra Jesus in Markus 12:24:

“Is die rede waarom julle dwaal, nie juis dat julle nie die Skrif ken nie en ook nie die krag van God nie?

Onthou dat die Hervorming daarop neergekom het, dat die kerk self begin dwaal het, want hulle het die Skrif se getuienis oor Jesus met stories oor heiliges vervang.  Die Hervormde Kerk hou nooit op met hervorm nie.  Ons keer altyd na die Skrif toe terug, en Skrif weeg altyd swaarder as kerk.

Ons lees I Korintiërs 2 verse 2 tot 10.

Bladsy 224 NAV (1983).

Skyfies: I Korintiërs 2 : 2 – 10

I Korintiërs 2 : 2 tot 10

2        

Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde.

3        

Bewus van my swakheid, en met groot angs en huiwering, het ek na julle toe gekom.

4        

Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees.

5        

Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God.

6        

Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan ‘n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan.

7        

Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid.

8        

Nie een van die heersers van hierdie wêreld het hierdie wysheid geken nie. As hulle dit geken het, sou hulle nie die Here van die heerlikheid gekruisig het nie.

9        

Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.

10      

Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God.

Hier eindig die Skriflesing.

Skyfie: Sing Gesang 167 : 1,2 (Sit)

Jesus is die bron van ons vreugde en die lig van ons geloof.  Hy is die bron van alle lewe en van alle waarheid.  Kom ons sing dat ons sy eiendom is.  Bly sit en sing saam

Sing (Sit)

Gesang 167 strofes 1 en 2

Skyfie: Kom ons bid.

Gebed (Mans staan)

Skyfie: Sing Gesang 256 : 1,2 (Sit)

Kom ons laat klink die boodskap nog ʼn keer dat Jesus ons verlosser is. Sing saam, terwyl ons bly sit,

Sang (Sit)

Gesang 256 strofes 1 en 2

Skyfie: Solus Christus

Prediking (Sit)

Skyfie: Teresa. . . (Skyfie kom outomaties op)

Tant Teresa is gebore Teresa Ali Fatim Corella Sanchez de Capeda y Ahumada, in Ávila, Spanje.

Twee jaar na haar geboorte begin Luther met die Protestantse Hervorming, en net ʼn paar jaar tevore is Christophorus Columbus weg weswaarts om Indië te loop soek maar toe Amerika te ontdek.

Dié dat Tant Teresa jou kan help met innerlike vrede in onstuimige tye.

Teresa en haar ma was gek oor Mills & Boon, of watter ander soortgelyke liefdesverhale destyds die ronde gedoen het. Haar pa was so gekant teen die goed soos my pa teen Archie comics.  Tant Teresa vertel sy was altyd bang sy word uitgevang. ʼn Kers onder die kombers is seker nou nie die beste raat nie, maar ʼn flits werk goed.

Skaars sewe jaar oud, oortuig sy haar ouboet hulle twee moet na die Moslems toe pad vat en gaan pleit dat die Islamiete hulle koppe moet afkap.  Uit liefde vir God, natuurlik.  Dis nou nie dat hulle koppe los was, of dat hulle koppe geraas het, of enigiets dergeliks met hulle koppe geskort het nie.  Nee, hierdie is lofwaardige vroomheid, godsdiens op sy beste, kinderkerk.   Dis wat die bestes onder gelowiges doen. Dis wat jy doen as jy ʼn Roomse heilige wil word. Hulle oom het die twee stokkiesdraaiers buite die dorp gekry en huis toe gebring vir siepsop braaiboud en ʼn ander vorm van kop afbyt.

Haar tienertyd was vol seuns en klere, maar dis nie so seker dat sy haar klere altyd aangehou het nie. Op 16 gee haar pa moed op.  Hy sit haar in ʼn klooster.  Daar hink sy op trou of vervelig non word, worstel die meisiekind “om Jesus in haar te hou” want, sê Teresa, “. . . my verbeelding is so kleurloos dat ek geen talent het om met hogere teologie vorendag te kom nie.” Teologie is ʼn verbeeldingryke dromery, sien.

En die klooster was toe ook nie so kuis soos haar pa gehoop het nie.  Geld en goed het selfs daar status bepaal, en hulle gereelde partytjiegaste het ʼn string jongmanne ingesluit.  Tant Teresa was baie gewild. Ons weet dit, want Teresa het ons dit self vertel. Sy het haar storie in een van daai vuurwarm en vertel-alles-lewensverhale vir die nageslag neergeskryf.

Toe kry sy malaria, met stuipe.  Toe sy vier dae later wakker word, staan haar graf al gegrawe. Sy was vir drie jaar verlam, en nooit weer heeltemal gesond nie. En met dié dat sy nou van ander afhanklik was, en selde alleen kon wees, het sy sommer heeltemal opgehou bid.  Dit was nooit regtig haar gunsteling tydverdryf nie.  Nee wat, sê sy, “gebed is ʼn daad van liefde, en daarvoor het jy nie woorde nodig nie.  Al wat jy nodig het, is die lus om lief te hê.”  Dis buitendien “gepaste nederigheid” vir ʼn sondaar soos sy. Sy wil haar tog nie aanmatig om God met praatjies maak  besig te hou nie.

Eers op 41 begin Tant Teresa weer bid. Dis ʼn stryd, sê sy.  En sy skryf breedvoerig oor hoe sy met gebed sukkel. Maar nou oorweldig God haar met seën.  Dis regtig lastig.  Bid sy, styg sy op.  Sy kan nie bid sonder om plat te lê en ander nonne op haar te laat sit om te keer dat sy deur die dak vlieg nie.  Maar darem het sy haar weersin teen te bid as iemand by is, oorkom. Haar “siel smelt,” vertel sy, so intens is haar belewenis van God in gebed. Sy vra naderhand God moet haar tog nie in die openbaar so vreeslik seën nie; dis ʼn verleentheid.

Vriende was haar ondergang.  Nie dat sy gesondig het nie, nee, glad nie, maar God het nogtans laat weet sy moet haar vriende afsweer en Hy sal haar met engele laat vriende maak.

Haar meer vleis-en-bloed-vriende was nie juis beïndruk nie. Oortuig dis die duiwel wat haar in hierdie beswymings wegrokkel, het ʼn biegvader aanbeveel: Elke keer as sy ʼn gesig van Jesus kry, moet sy Hom ʼn middelvinger wys.  Sy het telkens van skaamte ingekrimp, en innig verskoning gevra, maar Jesus het gelukkig glo nie eers een keer beledigd gevoel nie.

“Geen wonder jy het so min vriende nie,” sê Tant Teresa toe mos vir Jesus, en besluit sy gaan vir Hom vriende bymekaarmaak in ʼn nuwe nonneorde, tot groot argwaan van die klooster waarin sy alreeds sit, en van die dorp wat vies was oor sy ʼn armoedekultus wou stig; dit sou vir die dorp se ekonomie geen bate wees nie.

Toegegee, vir haar word geestelike lewe nou ʼn ingesteldheid op liefde, eerder as reëls.  Hoewel sy armoede as ʼn deug voorgehou het, het sy in harde werk geglo, nie bedelary nie.  Sy’t geglo dis beter om aan God gehoorsaam te wees as om jouself te wil straf vir sonde.  As jy gesondig het, verander net.

Maar teen haar 51ste jaar, wek Teresa weersin in almal van priesters tot pouse.  As hulle met haar nie vir die gek hou nie, jaag hulle haar soos ʼn hond rond.  Tant Teresa skryf dit daaraan toe dat daar niemand anders as net sy meer in die kerk oorgebly het wat mense herinner aan hoe God wil hê mense moet lewe nie.

Haar outobiografie is ʼn blitsverkoper.

In 1582, op 4 Oktober, sterf Tant Teresa op ouderdom 67.

In 1622 word Teresa van Ávila tot heilige verklaar. Sy is in die hemel.

Sy word hier onthou as die stigter van die Karmeliteorde vir nonne.

In 1970 word sy tot Doktor van die Roomse Kerk verhef danksy haar skrywes oor gebed.  Net twee vroue is tot nog toe so vereer.

Skyfie: Teresa die heilige van hoofpyne

Heel gepas, is die Heilige Teresa nou die beskermheilige – iets soos die minister van – hoofpyne.  Ek is onseker of haar kuur vir die siekte insluit dat jy die ding moet laat afkap?  Maar nes daai dorpie met die arm nonne, gaan Grandpa geld verloor.

Amen.

So sou, voor die Hervorming,  ʼn preek in die Roomse Kerk kon klink: die lewensverhaal van ʼn deugsame mens.

Skyfie: Teresa die heilige van 15 Oktober

Toegegee, haar heiligverklaring kom eers ʼn honderd jaar ná die Hervorming, maar ek het juis haar gekies omdat vandag, 15 Oktober glo aan dié tannie behoort. Op 15 Oktober was dit baie moontlik dat jy van die kansel af die storie van haar lewe sou hoor.

Daar is nog baie ander waar sy vandaankom, helde wat tot heiliges verklaar is oor hulle al klaar in die hemel sit, bedoel ek.  Ek het onder die H’s gaan soek of my naam nie dalk ook daar staan nie.  Net onder die H’s was daar 251 sulke heiliges, en dis min in vergelyking met die res van die alfabet.

Roomse teologie wil dit hê dat ons lewe na die dood.  Hieroor stem ons natuurlik saam.  Daarom lewe afgestorwe mense nou nog nes ons. En nes jy iemand van ons kan vra om vir jou te bid, glo hulle kan jy ook een van die reeds heengegane heiliges opkommandeer.  Hoekom sou jy?  Wel, uit die verhale van hulle lewe herken ons ons eie belewenisse en omstandighede en dit maak dat ons ons ná aan hulle voel.  Ons vermoed hulle sal begryp as ons soortgelyke goed deurmaak.  Maar miskien, oor hulle definitief al in die hemel is – hulle moet wees, want die pous sal weet – dra hulle gebede dalk meer gesag as ons sʼn, die kanse vir verhoring is dalk beter?  Buitendien, om ʼn heilige te kon word, moes al minstens twee wonders plaasgevind het na jy die betrokke afgestorwene gevra het om iets te doen.  Daarom vra ons hulle voorbidding by die Vader ter wille van ons. Jy aanbid nie die heiliges self nie.  Jy praat wel met hulle in gebed. Jy preek hulle stories in die erediens. Jy volg hulle voorbeeld met jou lewe.

Skyfie: Touloper

Dis nie afgodsdiens nie, hou die Roomses vol.  Dis wel ʼn baie, baie dun draadjie waarop jy touloop oor die kookpot van dwaling.  Verloor jy hier balans, gaan jy kopseer kry, en ʼn groot dosis van Tant Teresa se boereraat vir hoofpyn nodig hê.

Luister weer na ons Skriflesing:

I Korintiërs 2 : 2 tot 5

2        

Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde.

3        

Bewus van my swakheid, en met groot angs en huiwering, het ek na julle toe gekom.

4        

Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees.

5        

Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God.

Ek hoef niks meer as dit te sê nie.  Net wat die Skrif sê, is mos al genoeg. Glo dit, nie omdat ek welsprekend of julle geleerd is nie.  As julle glo, is dit die kragtige werking van die Heilige Gees in julle. Geloof is nie gegrond op ons kollektiewe wysheid nie. Die evangelie is die krag van God wat mense red wat glo. Bewus van my swakheid, van joune en van ons suster, Tant Teresa, sʼn, het ons vandag met groot angs en huiwering hier bymekaargekom vir ʼn boodskap van God af.

Ons kan nie middelaars wees nie. Tant Teresa klink vir my soos een van my eie stoute tannies: sy lag uitbundig, huil met mening, speel verwoed, werk haar hande stompies, het lief met oorgawe en aanbid met passie, sy doen en sy dien.

Maar daar kan net een Middelaar wees.

Skyfie: Ons het ons voorgeneem. . .

En ek, en die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika,

. . . het[ons] voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde.

Net die Christus versoen ons met God.  God wat mens geword het, geleef, gely en gesterf het.  Niemand verstaan ons beter as Hy nie. Nie eers tant Teresa van Spanje verstaan beter as Jesus Christus, die gekruisigde en die opgestane, nie.  Jesus Christus is die Here.

Ons Here,

  • wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria;
  • wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;
  • wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;
  • wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van GOD, die almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel,
  • dié wat nog lewe en dié wat reeds gesterf het.

En Hy sê: Het jy hoofpyn?  Kom sommer direk deur na die spesialis toe. Ek gee rus, vrede met God.  My juk is sag, my las lig. Glo My, niks help vir hoofpyn soos sondevergifnis nie.

Amen en amen, sê die kerk van alle eeue, en die Kampersrus Gemeente van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika.

Amen.

Skyfie: Sing Gesang 414:1,2 (Staan)

 

Slotsang (Staan)

Gesang 414 strofes 1 en 2

WEGSENDING

Seëngroet (Staan)

Skyfie: Seën. Jesus is die Here.

Handelinge 2

36      

“Die hele Israel moet nou vas en seker weet: God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak!”

38      

. . . “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.

39      

Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.”

Amen.

Skyfie: Sing Gesang 214 twee keer (Staan)

Respons (Staan)

Gesang  214 strofes 1 en 2.

PREDIKANT

Afkondigings

DIAKENS

 

Dankoffers

 

Advertisements

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.