Ompad

Eksodus 13:17-22. Spreuke 3:5

Vertrou op die Here.  Dís so moeilik, dat ons dit vir ʼn laaste uitweg bêre.  Erger: Moenie op jou eie insigte staatmaak nie!

God sê daar is ʼn pad wat jy dink die beste is, en een wat God weet beter is.  Ontspoor jy dus skouspelagtig, is dit God wat jou omdraai.

Toe God met Israel uit Egipte pad vat, is die koers Kanaän toe. Dis ʼn kort pad.  Dit behoort hulle niks langer as 14 dae te vat nie.

Maar God se pad het nie kos of water nie, net ʼn dor woestyn en ʼn diep blou see, en die duiwel op jou hakke. Dit vat 40 jaar, en loop langs grafte verby: ʼn doodloopstraat. Dís nou die regte pad?

Die regte pad is die een waarop jy vir God gaan nodig kry. Dit weet God vooruit al.  Het óns dit geweet, het ons die hasepad gekies.

Sonder ondervinding van afhanklikheid, leer jy nooit regtig wat vertroue van jou verg nie.

Dis van twaalfuur af al donker: Jesus is dood en begrawe;  “Goeie” Vrydag.

God kom ompad langs hierheen, nie kortpad of die beste pad nie, om by ons aan te doen. Net een allemintige verskyning sou tog die ding kon doen?  Dit sou veel veiliger wees as vleis en bloed se pad deur ʼn vrou tot in die doodloopstraat van die graf.  Maar as God die ander pad gekies het want ons is te gevaarlik, sou ons dan God se liefde beleef het?

Met Christus loop God dié Pad. Jesus Christus is die Weg van God na mense toe, en van mense na God toe terug.

Dis nag daar by jou? Hel, selfs? Vertrou God en loop die pad wat God vir jou kies.  Dis dalk  nie ʼn pad wat jy wou hê nie. Niemand weet beter as jy hoe ongemaklik dit voel daar in jou skoene nie.  Bly in hierdie donker op die Here vertrou, want op Sondag kom weer meer as net die son op.

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s