Die koninkryk misgekyk

Lukas 7:18-35

Stil Saterdag, die sabbat tussen Goeie Vrydag en Opstandingsondag, is ongemaklik. Jesus is dood, en niemand verwag dat dit môre gaan anders wees nie.  Dood werk so.

Op só ʼn dag dat jy God nie kan kleinkry nie, sukkel geloof.  Johannes die Doper knak. Hy vra: “Is U regtig die Een wat van God af na ons toe gestuur is, of nie? Sê ons asseblief eerlik. Ons wil nie die fout maak om dalk vir die verkeerde een te wag nie.”

Dis soos kaal naels op ʼn swartbord.

Onthou jy Jesus se intreepreek in Nasaret, uit Jesaja? God het My gestuur om gevangenes vry te laat! Maar Johannes sit in die tronk.  Johannes weet wat Jesus alles doen.  Een ding doen Jesus nié:   Hy kom haal nie vir Johannes uit die tronk uit nie.   Is Hy regtig die Messias?

Jesus herhaal die preek van Nasaret. Maar Jesus weet wat Johannes eintlik vra. Gevoelvol, laat Jesus net die vrylating van gevangenes hierdie keer uit. Johannes hoor Hom.  Ek kom jou nie haal nie, Johannes.  Die koninkryk kom nou eerste, en om nou kragte te wil meet met die owerheid, gaan dit pootjie. Nee, Johannes, jy gaan nie vrykom nie.

Jesus verwyt Johannes nie oor hy twyfel nie.  Inteendeel, Hy prys hom.

Johannes se geloof is nie die probleem nie. God se nuwe wêreld werk net nie soos wat ons verwag nie.  Ons sien nie wat ons verwag om te sien nie.

Wat hét ons verwag om te sien? God se graf?

Wat dink jy het gebeur as Jesus sê die koninkryk van God het gekom? Sien jy al iets wat naastenby lyk soos God se koninkryk?  Wel, hoe lyk God se koninkryk regtig?

Jesus ís God. Maar ook ʼn man.  Op Stil Saterdag, ʼn baie sterflike man.

Dog die koninkryk kom, en lyk soos God se wil, nie ons s’n nie.  Daarom moet jy dit soek.  Daarom kyk jy dit mis. Die koninkryk van God is gekamoefleer om nes die omgewing te lyk.  Maar dis daar.  Hier.

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s