Kabinetskommeling

Lukas 22:14-30

Jesus het na hierdie ete uitgesien: Op die oog af ʼn paasfees saam met sy geliefdes, in werklikheid ʼn giftige brousel saam met Satan en sondaars.

Húlle sien weer uit na hoe hulle uit Hom gaan geld maak en hoe Hy hulle gaan bevorder.

Jesus vat wyn, dank God en stuur dit om. In Lukas doen Jesus dit twee maal. Hierdie eerste keer noem Hy dit nie sy bloed nie; dis gewone wyn, feestelike drinkgoed.  Kom ons vier met dié jaarlikse skaapboud en ongesuurde brood verlossing wat nóú nog hou: louter genade van God af vir sondaars. Die lamsbloed aan ons deurkosyne het ons ongedeerd laat bly, dié nag toe al die Egiptenaars se oudste kinders dood is.

Die tweede beker na die maaltyd smeer sý bloed aan hulle.  God se Enigste Seun sal sterf, maar hulle sal bly leef.

Jesus vat ook brood, net een brood, dank weer, breek dit en deel dit aan die sondaars en satans om sy tafel uit. “Dit is my liggaam wat vir julle gegee word,” ʼn nuwe verbond wat niemand meer met sonde kan dwarsboom nie.  Jesus  demonstreer dadelik hoekom so ʼn nuwe verbond nodig is. Ons is met Satan kop in een mus.   “Kyk,” sê Hy, so asof hulle die Satan kan sien, in Judas se hand wat Satan soos ʼn handskoen dra. “Kyk! Die hand van die man wat My verraai, is saam met Myne hier op die tafel.”  Hy is een van ons.  Hy is ons. Maar hy verander aan die nuwe verbond net mooi niks.

Hulle begin toe bespiegel oor wie van hulle dit kon wees. Die Satan klim onder hulle ook in. Net daar, aan die laaste ete saam met Jesus, baklei hulle oor watter kabinetsposte hulle gaan beklee.

Hoe belangrik ek voel, is altyd die teken dat ek suksesvol die Satan in sonde kan omsit.

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s