Boere, bouers en plakkers. En daai klip.

Lukas 20:9-19

Die kerkraad is kwaad. “Wie gee jou die reg, Jesus? Wie het jou oor ons aangestel?”

Hy antwoord nie.  Hy vertel wel ʼn storie: ʼn Ryk man het ʼn wingerd.  Bywoners boer vir hom. Oestyd, as hy die huur vra, jaag die boere driemaal die skuldvorderaars met leë hande weg, elke keer met erger geweld. Stuur die man eindelik sy seun, vermoor hulle hom.   Hoe nou gemaak? Die geduldige grondeienaar sal self kom, die boere teregstel en sy wingerd aan iemand anders toevertrou.

Die gehoor dink die storie gaan oor Romeine wat Israel se grond afgevat het en nou belasting eis. Jesus laat die gehoor hulle aan die boere se kant skaar. Maar die uiteinde is dat die boere die grond wat hulle so graag wou hê, heeltemal kwyt is.

Die kerkraad is geskok. Jesaja 5 sê God het ʼn wingerd.  Die plaas se naam is Israel. In Jesaja is die wingerd vol suur druiwe, en God verwoes die plaas. In Jesus se storie is die wingerd vrugbaar, die boere die probleem. God gaan die plaas vir ander boere gee.

God het geduldig profete gestuur, die een na die ander.  Wat maak julle met hulle?  Johannes die Doper se kop het ʼn ete versier. Die volgende Een wat julle só sal behandel, is belangriker as al die ander.

Hulle kliek nie. Wat beteken: “Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword (Ps.118:22)”? vra Jesus. En “Elkeen wat op hierdie klip val, sal verpletter word; elkeen op wie hy val, sal hy vermorsel (Jes. 8:14)”?

Daai klip tref die priesterhoofde, skrifgeleerdes en familiehoofde tussen die oë. Húlle is die bouers.  Húlle verwerp die klip.

In Aramees klink “klip” en “seun” eenders.

Hulle verwerp die eienaar se seun. Jesus is Hy. Hulle dae is getel. Die lang messe is uit. Jesus is gevaarlik. Vyf dae later slaag hulle komplot.

Waar staan ons, kerkleiers, met Hom?  Dien ons God, of plak ons net hier om wins te neem?

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s