As God huil oor jou. . .

Lukas 19:41-48

God huil.

Jesus weet sy hartsmense gaan Hom in Jerusalem laat teregstel.

Die skare weet nie wat vir hulle redding nodig is nie. As ons geweet het dat Jesus Christus moes dood en dat sy bloed aan ons hande sou sit, sou ons minder voortvarend wees, minder van onsself dink, en ons nie so hoogheilig hou nie, was ons sang en dans dalk meer bedeesd.

Liefs nie vir Jesus meer aanhits met “Sê hom!”, “Vat hom aan!” en “Vat hulle vas!” nie.  Want dis vir óns dat Hy aanvat en vasvat, feesganger én fariseër.  Dis óns wat “geen benul het nie. . .”

Almal se geloof duik daai week.  Almal in daai singende skare gaan òf huil, òf vloek en skel, òf omdraai en wegloop. Die harde werklikheid word net té hard vir geloof om te oorleef.  As wat jy glo en die werklikheid haaks is, is geloof mos gewoonlik verkeerd. Geloof kry die trekpas want dit help nie.

Die dag as daar chaos heers in jou gewone manier van glo, moenie ongelowig raak nie.  Vra liewer: wat sê die harde werklikheid van die geloof wat jy bely?  Hoekom hou dit nie?  Dalk het jy dit verkeerd; miskien hét jy geen benul nie. . . As geloof nie hou nie, begin oor, probeer weer.  Maar glo dan anders.

God huil oor jou.  Nie oor jy Hom teleurstel nie, nie oor jou gebrek aan begrip en tekort aan geloof nie.  Hy huil ook nie oor wat jy Hom gaan kos nie.  Hy huil oor Hy jou liefhet. Hy sien jou ongeloof, jou verkeerde geloof, jou brose geloof, jou beheptheid met die wêreld, hoe jy jouself oorskat en vir God onderskat, en Hy word nie kwaad nie.

Sy genade kry die oorhand.  Sy liefde gee die deurslag.

As God die dag oor jou huil, is dit oor Hy jou liefhet.  En Hy doen daar iets aan.

Jou Jerusalem gaan dalk nie staande bly nie.  Maar jy sal nie verlore gaan nie.

Amen.

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s