Sonder wapens, vlag of volkslied?

Lukas 19 : 28-40

Jesus kom nie met ʼn weermag by sy staatsgreep aan nie. Jesus gaan met net ʼn rustige gesprek oor God, die keiser in die pad steek. Van voor af Moses en die farao, sonder die plae.

Lees maar Psalm 118.

Die mense trek hulle klere uit.  Hulle dans halfkaal om Jesus, nes Dawid toe hy die verbondsark Jerusalem toe laat haal het, Hulle waai hulle klere soos vlae rond.

Die nuwe koninkryk het nie heraldiese simbole met ʼn politieke strekking nie.  Net die goed wat die Skeppergod van die hemel en die aarde aan mense gee om in hulle basiese aardse behoeftes te voorsien, wapper langs die pad.

Dié goed wat God ons gee, bedek skaamte en hou waardigheid in stand.  Dis die vlae van God se koninkryk.

Hulle gooi hulle klere soos ʼn rooi tapyt voor die koning se ampsmotor neer.

Hulle sing lofliedere oor God, geen volkslied nie.

En dan, op die kruin van die Olyfberg, kry hulle die eerste blik op Jerusalem.  Vir elke Jood is hierdie stowwerige grond en bruin geboutjies, die wêreld se hart.  Dis hier waar God by Jode woon. Dis húlle s’n.  En God s’n.  Dít behoort nie aan Rome nie.

Die vraag is: Is hulle nou nog gelowig, of net patrioties? Sing hulle regtig oor God, of oor Jerusalem?  Is die Fariseërs besorg oor politiek of godsdiens as hulle sê bly stil? Wel, die singende skare en die brommende fariseërs verstaan ewe min van wat aangaan.   Die een sê “hou op” en die ander “hou aan.”

Jesus sê al verstaan hulle nie, hierdie mense sing saam met en soos die engele.  As hulle ophou, sal die klippe dit skreeu.  Selfs die dooie dinge van die skepping sal van Jesus getuig.  Jesus gaan vir God nie keer nie.  Hy laat juis God se wil geskied. Dis wat God se koninkryk is: God se wil gebeur. Die werklikheid wys God is hier.

Mag, vlae en volksliedere is hiervoor oorbodig.

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s