Was jy vandag ʼn slagoffer van omstandighede?

Lukas 19 : 28-38

Op daai dag met die intog, skeur harte oop nes die hemele met Jesus se geboorte. Vir die eerste keer hoor jy uit mense se monde belydenisse van geloof in Hom. Mense weet nou genoeg van Jesus om met die engele te kan saampraat.

Mense reageer nog altyd op twee maniere: Òf jy het vir Jesus lief en glo Hy’s God, òf jy haat Hom met die soort passie dat jy met voorbedagte rade sal moord pleeg en trots wees daarop.  Vandag is hulle vol lof. Maar vyf dae later gaan niemand meer wil spog hy was by die optog betrokke nie.

Geloof reken op God.

Saggeus se bekering en die gelykenis oor die goue munte dryf die geesdrif.  Hulle dink die koninkryk kom sommer nou. Jesus wat doelgerig koers kies Jerusalem toe, help ook.  En dalk het iemand die profeet Sagaria se voorspelling onthou: dat die Messias Jerusalem op ʼn donkie sou inry, soos wat die konings van ouds gedoen het.

Geloof werk so:  Jy reken op die Woord van God wat reeds geskrywe is, om vir jou te wys wat die belang en betekenis is van wat al’s gebeur.  Iets op die oog af so onbenullig soos ʼn gehuurde ryding dorp toe, is skielik nogal veelseggend.   En vandag kliek dit: Jesus, die messias, is hier.  God vat oor.

Die gelowiges gee vrye teuels aan hulle blydskap.  Hulle is uitbundig, onbeskaamd in hulle belydenis, oordadig in hulle openbare eerbetoon aan God en sy Gesalfde.

Ons kry ook sulke dae.  Hulle gaan gou verby.

Omstandighede dryf ongeloof.

Net ʼn week later het hulle verslae dieselfde pad gevat huis toe.  Alles verniet en tevergeefs.  Hulle gaan soek nie weer in die Bybel vir verklarings nie.  Hulle lei dit uit hulle omstandighede af.  Jesus se dood het al’s verydel.  Hulle sien vir God nie hierin nie.  Ongeloof is hulle voorland. Hulle vermoed ook nie sonde by hulleself nie.

Slagoffers van omstandighede sukkel met skuldbelydenis: dis altyd iets of iemand anders se skuld.

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s