Sien die Here ons swaarkry?

Lukas 19 : 11-28

Dis die harde werklikheid dié. Verstaan die Here hoe swaar ons kry?

Dis kleinboere wat om Jesus saamdrom. Boerdery is die hartklop van die ekonomie, maar die hoëlui beheer die mark. Die hoëlui besit tot tweederdes van alles, maar hulle saai nie. Hulle oes net van die boere belasting.

Die staat het belastingvordering uitgekontrakteer. Belastinggaarders het met fooie die mense gemelk en geldskieters het links en regs lenings toegestaan, maar teen rentekoerse wat jy uit bestaansboerdery nie kon diens nie.  Boere was gou hulle grond kwyt, en bywoners op hulle eie plase.

Die boere het begin glo ʼn mens word net ryk deur iemand anders uit te buit.

Jesus vertel ʼn storie wat die boere klaar ken, ons nie. Dis die storie van hoe Archelaus koning geword het. Dis hy wat nou regeer.

Jesus beskryf presies hoe die boere se wêreld onder Archelaus werk. Hulle is alewig aan die verloorkant. Die storiekoning prys twee dienaars wat winste gemaak het.  Net in regering kan sulke skelms so aangeprys en dan nog beloon word.

Die derde dienaar het die geld wat hy gekry het, in ʼn doek toegedraai en gebêre. Hy het van niemand gesteel nie. Hy het niemand uitgeroei nie.  En die koning se geld het hy vir hom veilig bewaar en teruggegee.  Dit was die regte ding om te doen.  Hy is die boere se held in die storie.

Maar vir hom vloek die koning.

Die koning beveel dan dat sy teenstanders hier voor hom uitgemoor moet word.

ʼn Harde man, die koning.  Hy is die harde realiteit.  Wat gebeur met God se koninkryk in so ʼn harde werklikheid?  Waar is God in die verhaal?

Wel, God vertel die storie. Dit beteken God weet.  God sien ons raak.  Al sê die harde werklikheid jy’s sleg en ontoereikend, oor jy selfs onder druk nie wil deelneem aan ander se onderdrukking nie, kan jy reken op God se beskerming. Want al word hierdie derde dienaar sleggesê, hy word nie saam met die res doodgemaak nie.

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s