Weerlig en donderweer, tien dae uitmekaar

As ek aan die hemelvaart van Christus dink, dan verbeel ek my iets soos hierdie foto: Hy het in die wolke verdwyn, deur God opgesuig soos deur die kolk van n tornado.

Ek stel my voor dat dit geluidloos gebeur het.

Want ek vermoed daar is n verband met pinkster se wolklose dag vol onverklaarbare geluide van juis so n stormwind, donderslae en weerligte. Van n storm self is daar dan geen teken meer nie.  Net die geraas van gure weer.

Die geluid van Donderdag se storm, kom eers twee Sondae later in Jerusalem aan. Dis die geluide wat n skare laat kom kyk wat aan die gang is. Want dis nege uur in die more.  En die son skyn.

Daar is dalk n nouer verband tussen die hemelvaart se geluidlose wolke en pinkster se stormgeraas sonder wolke.

Die manne in wit klere wat by die hemelvaart praat, sê mos:

“Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk?  Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”

Al glo ons Jesus kom op n dag fisies weer hierheen terug, is pinkster die eerste vrugte. Daai stormgeluide sê niks anders nie as dat die Gees van God die Vader en die Seun, God self, daarom die Seun ook, teruggekom het.  God is hier in die gestalte van die Heilige Gees.

God is eintlik nooit “weg” nie.

Hemelvaart en Pinkster: twee kante van dieselfde munt. Twee dele van dieselfde gebeure.

Dieselfde gebeure, tien dae uitmekaar.

Die storm en sy klank.

God kom met stormgeraas en vonke weerlig die vuur in die kerk aansteek.  Sedertdien lawaai dit hier by ons van die groot dade van God.

Die tien dae tussenin, is vol van oorverdowende stilte, die stormoog.

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s