Dankie!

Die dag waarop ek die tweehonderd-en-eerste artikel hier publiseer, val saam met die mylpaal van elfduisend sigte op hierdie blog.

Dis goed om te weet dat wat ek hier skryf, bruikbaar is.

Dis n riem onder die hart dat lesers terugkeer vir meer.

Ek gee nie voor dat my nadenke verteenwoordigend is van enigiemand anders as net ek nie.  Terselfdertyd praat ek nie uit my eie nie.

Die foute is my eie.

Wat ek regkry, is God s’n.

Ek is nie oorspronklik nie.

Ek praat die dominees van die afgelope tweeduisend jaar agterna, saam met en soos die kerk.

Die evangelie behoort nie aan my nie.

Ek het nie kopiereg nie.

Ek wil nie gehoor word nie.  God moet.

Ek streef daarna om Hervormd te wees.

Ek hoop daar kom hervorming van.

Maar dankie dat julle hier aanklop.

Hennie la Grange

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s