Kersfees in warm Hoedspruit

 

Vir publikasie in ons plaaslike koerant.

“Voel jy ook nou sy warm liefde?” vra die Koos du Plessis-gesang wat ons met Kersfees sing.  Wel, warm is dit beslis.  Maar of daai hitte God se liefde is, of dalk die hitte van die stryd, daarvan is ek nie so seker nie.

Dis by uitstek die tyd om liefde te gee.  Om geen ander rede nie as dat ons van God liefde ontvang het.  Christus was hier omdat God die wêreld liefhet.

Pasop nou vir die stroop wat kommersiële Kersfees aan jou wil verkoop.

Vir sy moeite om mense lief te hê, is Jesus vermoor.

Liefde sit nie gemaklik onder ons nie. Dit kom nie vanself nie.  Dit hou ook nie lank nie. Ons het n ingeboude weerstand teen die soort liefde wat God gee.  Met dié het daar in die afgelope jaar maar min gekom van die liefde wat ons verlede jaar met Kersfees so vroom belowe het.

Ons leer van Jesus Christus dat liefde onder mense eers met haat moet afreken.  Eers moes ons met God versoen word.  Daarvoor moes God self sorg.  En nou moet ons met mekaar versoen.  Dis wat óns dié jaar moes doen.  Maar ons het net nog meer vyande bygekry.

Gaan gee, voor die jaar uit is, liefde.  Versoen met jou vyande.  Gaan maak vrede.

God maak met Kersfees vrede moontlik.  Gaan maak jy ook so.

Dis van versoening en vrede dat sy liefde so warm is.

Vrede vir jou , en vir ons almal.

God se liefdesfees is hier.

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s