Dis Kersfees. Wel, eintlik Black Friday. Wat’s die verskil. . ? Kom koop!

“Cool”, “modern”, “hip” en “hipster”, so noem die media hierdie “opgedateerde” en “hedendaagse” weergawe van die tradisionele geboortetoneel.

hipster-christmas1Josef en Maria neem sommer baie selfingenome n  selfie, hy met n breë grynslag op sy bakkies, sy met daai vereiste “pout” van die mond, n Starbucks koffie in die hand en twee vingers omhoog in n gebaar wat van lekkerkry vertel.

hipster-christmas6Die skaapwagter se aandag is by sy foon, want niks wat nie op sy foon vertoon nie kan tog die werklikheid wees nie?

Die bees is 100% organies en vreet glutenvrye voer.

home-wisemenDie wyse manne daag op met geskenke wat hulle by Amazon gekoop het.

Nou ja toe.

Hierin word iets vervat van die verbruikersmentaliteit waarmee ons Kersfees nader.

(Toe, toe, maak gou en onthou: Dis Vrydag byna Black Friday! Hoe gaan jy Kersfees vier as jy Vrydag misloop?)

Advertisements

4 thoughts on “Dis Kersfees. Wel, eintlik Black Friday. Wat’s die verskil. . ? Kom koop!

  1. Soos ek vir ‘n vriendin gesê het…kersfees gaan nou daaroor om shit te koop om te “add” by die hoeveelheid shit wat jy al klaar het. Ons het koop mal geword. Die jaar het ek en die skoonsussie besluit niemand koop vir niemand ‘n geskenk. Die kinders kry sweeties en die ouers kry ‘n bederf nie oor dit kersfees is maar om dankie te sê vir alles wat hulle vir ons doen. Ons kersdag gaan oor lekker saam kuier gaan (want ons is ongelukkig nie almal kerk mense nie) maar verseker nie oor koop en koop en koop nie. Ek hou niks van hierdie prent hier bo, is dit regtig okay om so ‘n bespoting te maak van iemand se geloof?

    1. Jy is heeltemal reg: Dit is nie aanvaarbaar nie! Die hartseer is, dis ons wat glo wat ook so koop. Daarom is die kritiek wat die prent uitspreek op wat ons van Kersfees maak, ongelukkig geoorloof. Volpunte vir julle besluit om Kersfees op eenvoudige maniere te vier.

  2. Ek gaan my BES doen om nie môre NABY aan ‘n winkel kom nie. Sal wel geskenke koop, maar anderdag.
    Dankie vir jou voorstelling van kersfees. Ja, dis hoe dit geword het, né?

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s