God laat nie sy telefoondrade steel nie

Hebreërs 1 verse 1 en 2

God bly nooit stil nie. God maak kontak.

“Nou,” sê Hebreërs ook, “in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun.” God word vleis en bloed in ʼn klein plattelandse gehuggie tussen plaasdiere en doodgewone mense. ʼn Baba kom op die gewone manier by ons aan, deur ʼn vrou se baarmoeder. God breek deur die grense wat ons gedink het ons van Hom weghou.  Die skeiding tussen hemel en aarde, tussen ons en God, tussen sonde en heiligheid, tussen geestelike lewe en harde realiteit, verkrummel en smelt.  Weg is wat ons gedink het daai onoorbrugbare kloof tussen mense en God is. God maak alweer kontak, maar dié keer op ʼn nuwe manier.  Hy kom klop letterlik aan my deur. Jesus Christus, die Here, is hier, God die Seun.

Nie net ʼn stukkie van God kom kuier nie, Hy klim heelhuids hier by ons in die wêreld in. Dié keer om ons te leer leef.  Om ons te wys hoe mense kán wees, want ons slaag nie op ons eie daarin nie.  Hy eet en drink saam, Hy kuier om tafels met geleerdes en gemors, Hy kuier langs die pad met vroue en verstotelinge, Hy gaan sit by gebreklikes en tel kinders op sy skoot, Hy laat blindes sien en lammes loop, vir sondaars spreek Hy vry, duiwels jaag Hy weg, vir die wind en die weer maak Hy met ʼn woord stil en op water loop Hy soos op klip.

Totdat mense Hom doodmaak oor Hy Hom verbeel Hy weet beter as ons oor wat God wil hê en hoe ons kan leef. Ten spyte van al God se gepraat, kyk ons Hom die dag in die oë, sal ons nie weet dis Hy nie, so min weet ons nog van Hom af.

Dog, God maak kontak. Ons luister nie.  Ons leer nie. Maar God hou aan praat. Doodkry is min.

Ons vermoor Hom, Hy staan op. Ons begrawe Hom, Hy kom terug.

God maak kontak. Hy laat nie mense sy telefoondrade steel nie.

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s