God maak kontak

1 Johannes 1 verse 1 tot 5

Die eerste geluid in die skepping is God wat praat. God begin met ons ʼn gesprek.

En God het nou nog nie opgehou praat nie. God bly nooit stil nie.  God skree selfs, as jy nie wil hoor nie.

As God praat, bewe Sinai so dat die mense pleit Hy moet liefs ophou. Jy sien sy vingerafdrukke op berge en dale, op jou duime en jou DNS, ʼn sebra se strepe, die vlekke op ʼn kameelperd, ʼn vuurvliegie se liggie en die kolletjies op ʼn lieweheersbesie. Jy voel Hom teen jou wang in die wind, in die opwelling van jou liefde, in die  vrede van jou gemoedsrus, en selfs, as jy mooi daaroor dink, ook in jou pyn.  Jy hoor Hom in die gebrul van ʼn leeu en die gekekkel van hiënas, die geklop van jou hart, die ritme van musiek en die gedreun van donderweer. Jy proe Hom in blomkool en nartjies, in brood en stroop en pap en vleis. Jy ruik hom in die reuk van rose, van reën in stof en die geur van jou ma en van jou geliefde.

God raas en God raak.  God maak kontak.  Ek is van alles hier die Begin, die Skepper. Ek is van alles Pa. Joune ook. Kyk om jou as jy dit nog nie weet nie.

Maar Sinai het ʼn patroon gevestig.  As daai berg van God se gepraat aan’t bewe raak, vra die mense: praat liefs net met Moses! Ons sal na Moses luister. En sedertdien praat God deur mense.  Deur Dominee Domkop en Daantjie Alleman, deur Jan Rap en dié se maat.  Met die skrywers en die predikers van sy Bybel. Deur die kerk.  Hebreërs sê: In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete. . .

Maar een ding is seker, ons Pa het nog nooit opgehou praat nie. Dié wat wil luister, sal dit weet.  En algaande het Hy ons al hoe meer van Homself vertel.

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s