God kom toe mos terug

 

Skriflesing

Genesis 1 verse 1 tot 5

Handelinge 2 verse 1 tot 4

 

God besluit Hy gaan ʼn plek skep waar mense kan leef.

Stap vir stap berei God eers ons omgewing vir ons voor, nes mens jou babakamer uitrus. En dis toe ʼn seun, Adam!

Maar die man is eensaam, en God besluit Hy gaan vir Adam n vriend maak.  En was Adam nou beïndruk met dié nuwe skepsel!

Dog, selfs saam, voel die twee mense hulle mis iets.  Hulle wil hulleself verbeter. Daar is op aarde niks fout mee nie.  God het al gesê mense is soos Hy, wat kan dan tog daarmee verkeerd wees om net nog meer “soos God” te wil wees?

Daarom, toe die slang sê hulle kán nes God word, sluk hulle dit.

Gees
Gees

Die wêreld was nog nooit weer dieselfde nie.  Dit voel of God weg is want ons sien Hom nie, hoor Hom nie, voel Hom nie, herken Hom nie. . .  Dis oor ons uit sy Tuin moes uit, die wêreld in. Die ideale wêreld soos wat ons hom uitgedink het, is ʼn plek waar mense koning kraai, waar ons ons eie potjies krap, vol bloeddors en barensnood. Van toe af spartel ons weer om bo te bly in diep en donker waters.

Toe kom die Gees terug. Die Gees van God kom blaas nuwe lewe in grond in.   Die verskil is, ons is nie terug in God se skeppingstuin nie, God kom maak nou in ons wêreld tuin.  Die sonde reeds op Jesus gestraf en uit die wêreld uit weggevat, sit die Gees van God ʼn nuwe wêreld aanmekaar. En Hy begin by die plek waar die skepping skeefgeloop het: by die mens.

Hy kom onder ons vel in.  Hy sit in ons siel, Hy kuier in ons kop, Hy tel ons hare en elke hartklop. Hy is hier.  God is hier. Hy is redelik goed gekamoefleer: Hy lyk en klink nes ek en jy.  So ingegrawe is Hy in jou lewe dat jy vergewe sal word dat jy Hom miskyk.   Maar God is hier.  En hier gaan Hy bly.

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s