Genade het gevolge

Johannes 21 verse 1 tot 19

“Dankbaarheid” is ʼn goeie woord vir hoe geloof en lewe bymekaarkom.  Dankbaarheid is wat ons oorkom as God se genade met ons gebeur.

Jesus leef, en Hy weet ons het Hom gelos.

“Kom kry my by Galilea!”, sê Jesus. Ek wil julle in die oë kyk.

Die manne vat die pad met n swaar hart. Soos as jou pa jou badkamer toe stuur, weet hulle wat kom.

Hulle kry Hom daar, op die strand.  Hy maak vir hulle vis op ʼn vuurtjie gaar.  Hy bid, breek en stuur om.  Eet weer saam met My!  Eet My.

Hy maak kos, Hy word kos.

Hy klim weer in hulle in, soos by die nagmaal nou die Donderdagaand. Hy verteer in hulle.  Hy word voedingstof en opkikker. Met die bloedstroom saam vat Hy pad na elke verste uithoek van die mens se lyf en lewe.  Elke sonde wat Hy daarbinne teëkom, roei Hy uit, soos jou immuunstelsel met siekte maak. Hy herbedraad elke neurotransmitter, en in elke senuweepunt skep Hy die nuwe verwagting van die kerk en die koninkryk wat kom.

God het naby gekom.  So naby dat jy nie meer kan sê watter stukkie van jou lyf is jy, en watter is eintlik Hy nie.  God het die pad na jou hart toe gekry.  Dis ʼn kruispad vol slaggate want jy onderhou hom nie.  Jesus loop daai pad te voet, al met die hel langs. Daar aangekom, vind Hy jou hart is ʼn onherbergsame plek.  God trek daar in woes en leë hartkamers in en sê: “Laat daar liefde wees.”  En dit ís so.  En dis góéd so.

Dan word jy goed, en jou dade word dankbaarheid.

Het jy My lief, Petrus?  vra Jesus later. Want sien, as jy My liefhet, is jou liefde die teken dat Ek My in jou tuisgemaak het.  Ek werk in jou soos vitamines en steroïdes.  Jy kry lief, en nie net lief nie, maar vúrig lief. Lief vir My, lief vir almal, lief vir alles hier.

Liefde in jou lyf, dís dankbaarheid, genade se gevolg.

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s