Genade is nie lekker nie

Lukas 18 verse 9 tot 14

In sy storie bring Jesus twee mense kerk toe.

Die een ou verwag jy daar; oor die ander is jy vies: ʼn Fariseër en ʼn tollenaar.  Fariseërs was die goeie godsdienstige mense van Jesus se tyd.  Niemand anders was so goed nie.  Tollenaars was joiners, en boonop korrup. Nie een van ons voel ons is só sleg soos ʼn tollenaar nie.

Die twee manne bid.  Die Fariseër sê dankie dat God hom teen sonde gehelp het.

Die tollenaar bid: “O God, wees my, sondaar, genadig.”    Net dit.

Daar is niks waarvoor ons so baie bid as vir genade nie.  Maar eintlik wil ons genade tog net nie nodig kry nie.  Die dag as jy genade nodig het, is dit oor jy niks anders het om op terug te val nie.

medicine-thermometer-tablets-pillsGenade is nie lekker nie. Genade vlek oop, ontmasker en lê bloot al wat ʼn sonde is.  Genade proe die ene kruis, lyk na bloed,  en ruik na dood.  Dit sit die ligte af op jou prestasie en jou trots.  Dit zoem in op jou verleentheid.

Jy moet góéd stukkend wees voor genade soos medisyne voel.  Tot dan is om te beweer ek het ook genade nodig, eintlik aanstootlik.  Daarom, as ons sonder genade kan regkom, verkies ons dit so.  Bid jy vir genade, is dit oor jy regtig desperaat is – as jy jouself nie meer kan help nie, en almal vir jou gril.

Genade maak seer.  Genade byt.  Dit dring deur tot by die skeiding van gewrigte en murg.  Genade is nie die gemaklike opsie nie, dis nie die maklike uitweg nie, dis nie geloof se gemaksone nie.

En van genade is dit die ergste: genade moet van iemand anders af kom.  Jy gaan op iemand anders moet reken. Jy leer jy is afhanklik.  Van ander se goedheid, hulle aalmoese, hulle welwillendheid, hulle verdraagsaamheid, hulle geduld.   Hulle vergifnis.  Genade is ʼn bitter pil, en dis nie ʼn plek waar jy wil vertoef nie.

En vir die ander waarop jy nou moet reken, gaan dit kos.  En jy weet presies wat dit hulle gaan kos: genade kos die gemeente haar Christus, vir God sy Seun.

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s