Gemeentes is waar genade gebeur

Die verskil tussen Petrus, Paulus en Judas, is dat Judas te gou opgee met die gemeenskap van die gelowiges.  Hy kom nie kerk toe nie.  Hy kom nie die krag van vergifnis voel nie.  Want dis wat gemeentes doen.  Gemeentes sit stukkende mense aanmekaar.  Gemeentes verwelkom sondaars.  Gemeentes maak van sondaars getuies van God se genade.  Gemeentes maak dit moontlik om in die evangelie te glo.

Matteus 26 vers 31 tot 35

Jesus vat drie jaar om ʼn gemeente van 12 gelowiges groot te maak. Jesus hoop hulle gaan dominees word.  Hy vertrou die Koninkryk van God aan hulle toe.  Maar kan Hy op hulle reken?

Judas verraai Hom vir n handvol note.

Petrus belowe daar sal niks tussen hom en Jesus kom nie.  Daai aand nog sê hy  drie maal hy het niks met Jesus uit te waai nie.

Saulus is nie een van die oorspronklike 12 nie.  Hy vervolg die kerk.  Die kerk was vir hom bang.

Die drie het sonde met mekaar gemeen.

Dog, twee van hulle word die beroemdste dominees ooit.  Hulle word dié toonaangewende verteenwoordigers God se koninkryk.  By hulle begin die kerk.

Judas maak dit nie eers deur die naweek nie. Hy gaan hang homself op.

Foto: https://www.pexels.com/
Foto: https://www.pexels.com/

Dis nie dat die eerste twee se sonde minder erg of hulle berou meer opreg was nie.  Wat het hulle dan gehad wat Judas nie kon kry nie?

Die Sondag kom die eerste gemeentetjie vir die eerste keer byeen.  Petrus is ook daar.  Hulle het net sonde en skande om te deel.  Hulle is wragtig, almal van hulle, ewe sleg. Nie een van hulle durf vingerwys nie. Daar kom Jesus hulle later die dag groet.

Saulus, sy lewe ingetuimel, weet nie meer waarheen nie.  Daar, in die stad, wag vir jou ʼn gemeenskap, sê Jesus, gelowiges met raad.  Hulle sal jou ontvang.  Hulle sal jou aanvaar.  Hulle sal jou die koers aandui.  Hulle sal jou ondersteun, jou dra, jou vergewe. Maar Ananias protesteer: Here, hierdie Saulus is gevaarlik! Jesus hou voet by stuk: gáán, want hy het nou ʼn geloofsgenoot nodig; Saulus het ʼn gemeente nodig.

Die verskil tussen Petrus, Paulus en Judas, is dat Judas te gou opgee met die gemeenskap van die gelowiges.  Hy kom nie kerk toe nie.  Hy kom nie die krag van vergifnis voel nie.  Want dis wat gemeentes doen.  Gemeentes sit stukkende mense aanmekaar.  Gemeentes verwelkom sondaars.  Gemeentes maak van sondaars getuies van God se genade.  Gemeentes maak dit moontlik om in die evangelie te glo.

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s