Die wonder sit nie in die nette vol vis nie

Mense verdring mekaar nie juis by ons eredienste nie.  Jy loop nie gevaar om daar vertrap te word nie.  Hoekom, weet ons nie.  Ons weet hier gebeur nie juis wonders nie.

Jesus sê die wonder sit nie in die nette vol vis nie.  Die wonder is dat God, vir jou, sondaar, kom opsoek het.

Ek kan jou lewe so verryk dat mense stomverbaas sal staan oor hoe Ek jou seën, en na jou toe sal kom om te hoor waar hulle My ook kan kry.

Daai vissers het alles net so gelos en agter Jesus aangeloop.

Skriflesing:

Lukas 5 verse 1 tot 11 (Bladsy 87 Nuwe Testament)

ʼn Skare verdring mekaar by die Gennesaretmeer om Jesus te hoor praat.  Jesus moet ʼn veilige plek soek waarvandaan Hy kan praat.  Hy klim in Simon se visserskuit.  Hulle stoot die skuit ʼn entjie die water in.  Van daar af preek Hy dan.

Klaar gepraat, stuur Jesus die vissers wat na ʼn lang nag met leë hande huis toe gekom het, om weer te gaan probeer. Dié keer kom hulle terug met skuite so vol dat hulle dit amper nie kant toe maak nie. Simon skrik.  Hy besef hierdie Jesus kan doen wat net God behoort te kan. Hy val voor Jesus op sy knieë neer.  As jy skielik besef jy staan voor God, is dit wat jy doen.

Ons is geneig om te dink dat as God hier onder ons kom rondloop, en ons met sulke oorvloed seën, ons mekaar sal vertrap om by Hom uit te kom.  Ons doen dit nie.  Daar is nie juis skares by ons eredienste nie.  Hoekom nie?  Die Kerk weet ook nie.

Miskien lyk ons reaksie meer soos Simon s’n?  Simon sê: “Gaan weg van my af, Here, want ek is ʼn sondige mens.”

Wat Jesus dan vir die vissers sê, is evangelie.   Hy sê nie:  Toemaar, die sonde maak nie saak nie.

Hy sê die wonder sit nie in die vis nie.  Die wonder is dat Ek,  God, vir jou, sondaar, nogtans kom opsoek het. Ek kan jou lewe so verryk dat mense stomverbaas sal staan oor hoe Ek jou seën, en na jou toe sal kom om te hoor waar hulle My ook kan kry.

Hulle het alles net so gelos en agter Jesus aangeloop.

Ons moet by voorbaat erken dat geen wonders by ons eredienste gebeur nie.  Dog, God ontmoet ons daar.  Dis vir ons mos al wonder genoeg!  En rede genoeg om Hom soontoe te volg.

Advertisements

2 thoughts on “Die wonder sit nie in die nette vol vis nie

  1. Vreemd? Ek glo jy sal uitbrei? Ek sou eerder dink God ontmoet ons ‘onder andere’ by die erediens… ek is egter nie toegerus om in ‘n redenasie oor Skrif verklarings betrokke te raak nie. Ek lê nou net hier, klaar aangetrek en reg om kerk toe te gaan, en wonder hoeveel mense, van die maksimum 36, gaan vandag daar sit en glo dit is die enigste manier om in God se teenwoordigheid te wees?

    1. Natuurlik is jy heeltemal reg, en n mens het nie daarvoor n graad in die teologie nodig nie: God ontmoet ons orals, en dikwels op die mees onverwagte plekke, in die vreemdste situasies en by mense wat ons verras. Wat ek hier skryf is maar een toepassing van die gedeelte. Dis die eerste van my oordenkings oor kerk en erediens. Dit is hier dat die kerk wortel skiet, hier waar gewone mense die eerste keer vir God in Jesus ontmoet en Hom dan volg. Dis wat kerk is en waarvoor erediens bedoel is. Ek hoop ons kan kerk en erediens weer na waarde skat as die plek en geleentheid waar God op n besondere wyse met ons in verbinding kom. Ek hoop dit maak sin?

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s