n Gat in my moskombers

Daar was ʼn tyd toe mense sagkens met mekaar gewerk het.  Liefde is gegee, nie net gesê nie.

Dit was die tyd toe respek verhoudings gekenmerk het.  As respek nie verdien is nie, is goeie maniere gebruik om chaos te keer.

Aan gesag is gretig toegegee, of dis met selfbeheersing verduur, oor geglo is dis nodig vir orde.

Daar was dankbaarheid vir leiding, empatie in lyding, meelewing met menswees, teenstand teen ondermyning.

Ek was bevoorreg om iemand uit die vergange era te ken.  Meer nog: ek was geseënd genoeg om aan die ontvangkant van so iemand se liefde te staan.   Sulke mense is deesdae skaars: hulle sterf uit.

Lien Steynberg, op 13 Februarie van ons weggeneem.
Lien Steynberg, op 13 Februarie van ons weggeneem.

Tannie Lien is vandag dood.

Saam met haar sterf stadig ʼn ingesteldheid op die lewe, ʼn houding teenoor mense, ʼn liefde vir kerk, ʼn agting vir God se ampsdraers, ʼn deernis vir dominees.  Ek is selfsugtig: ek het daarop geteer.  Dominees sal verstaan hoekom.  Ek het jare na ek getrek en opgehou het om haar dominee te wees, kontak gehou.

Sy het my elke maand gebel, tot haar foon, oor die duur oproepe Engeland toe, noodgedwonge nie meer internasionale oproepe mog maak nie.

Lien Steynberg was op 31 Desember 2015 agt en negentig jaar oud.

Die wêreld is vandag armer, ek amper bankrot: ek ken nie nog so iemand nie.

Sy wou hê ek moes terugkom om haar te begrawe.  Ek kan nie.  Maar ek sál begrafnis hou, hier in die koue, my moskombersie ʼn nuwe gat deurgeskaaf.

My wêreld is skielik meer onherbergsaam, minder beskaafd, heelwat minder ordentlik en baie minder lekker. Ek is dankbaar vir die herinnering, en bly oor die seën wat sy op my bediening was.  Ek waardeer dat juis ek ʼn stukkie van haar lewe kon deel, ʼn klein plekkie kon volstaan.

Want ek het haar nie verdien nie.  Haar liefde is vryelik gegee.

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s