Barmhartige boere

In n brief aan die Hervormde Kerk, vra die Kerk se Algemene Diakensvergadering hulp met idees oor hoe die Kerk boere wat onder die droogte ly ten beste kan bystaan.

“Min mense word so direk geraak deur die droogte soos ons boere. Tog, as ons na die supermarkte gaan, is daar steeds oorvloedig kos vir ons om te koop. Ons moet egter besef dit word moeiliker en moeiliker, en druk op die boere groter en groter.”

Stadsjapie wat ek is, ruk die beelde en vertellings van hierdie droogte. Dis hartverskeurend. Dog, besef ek, dis selfs erger as wat ek my kan indink.

Die ADV se brief sê dat “boere in gemeentes nog altyd groot bydraes tot hulle gemeentes gelewer het.” Hier’s een woord te veel in die sin: “hulle”.  Ek twyfel nie daaraan dat boere in hulle eie gemeentes dankoffers gebring het nie.  Maar dis nie die hele storie nie.

Ek was in die stad predikant. Ons het gesukkel.  Oom Deon Malan wat op Lichtenburg boer, en geen vebintenis met ons gemeente gehad het nie buiten dat sy kinders kortstondig by ons kom woon het, het met elke oes n dankoffer aangestuur. Sy barmhartigheid het ons gemeente help oorleef.

Dus, as die ADV se brief voortgaan om te sê: “Nou is dit egter tyd vir die res van die kerk om ons boere te ondersteun,” is daar soveel te meer goeie rede voor, benewens nog die geloof dat ons almal van een liggaam deel is.

Die Kommissie van die ADV het besluit om die rampfonds aan te wend om boere te help.  Ons steun die besluit van harte.

Die Kommissie sê “ons weet [nie] presies wat gedoen kan word nie – daarom vra ons met hierdie skrywe vir die insette van predikante, gemeentes en lidmate, insluitend die boere, om saam met ons te dink oor hoe ons kan help.”  Dis n respekvolle benadering.  Dis n goeie werkswyse.

“Help ons asb met voorstelle en idees deur ’n epos te stuur na droogte@diakens.co.za. Al is die hulp dalk hoe klein of min, moet dit uit die hart van die kerk kom!”

Intussen bid ons sonder ophou dat God wat alle goeie gawes gee, uitkoms sal bring deur ons nie net met reën te seën nie, maar ook deur ons te beweeg om mekaar tot help.

 

Advertisements

One thought on “Barmhartige boere

  1. Ek onthou ‘n paar jaar gelede wat dit ook so verskriklik droog was in die noorde, kon mense van oor die land finansiële bydraes lewer, wat gebruik was om veekos te koop in dele van die land wat dit beskikbaar is. Boere van oor die land het ook voer geskenk. Dis met treine aangery na die droogtegeteisterde gebiede. Natuurlik is dit ‘n druppel in die emmer, maar ‘n druppel help dalk ‘n boer om te oorleef.
    Dankie vir hierdie wonderlike bloginskrywing.
    Ek is ‘n boervrou, ons weet van droogte. Genadiglik het God ons hierdie jaar geseën met reën in die Overberg. Dit is NET genade.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s