Die (on-)feilbaarheid van die kerk

“Die kerk kan nie foute maak nie.”  “Die kerk is nooit verkeerd nie.”  “Die kerk mag nie verander nie.”

Hier op die vooraand van die Hervormingsviering, val dit vreemd op die oor, maar dis facebook vol.   Waar kom ons daaraan, juis óns, wat ons geloofstradisie te danke het aan “ecclesia semper reformanda est”, aldus Karl Barth (1947) wat daarin Augustinus (354 – 430) napraat: dat die hervormde kerk onophoudelik hervorm, juis oor ons altyd bewus is van feilbaarheid, en vreesloos kan verander as dit moet.   Dog, wat ek hoor, is teleurstelling, verwyt, woede en ontreddering oor wat eintlik niks meer behoort te wees nie as, ten beste, maar net ʼn “middelmatige saak”.

Ons kan dit tog seker nie ernstig bedoel nie, of hoe: dié Roomsheid dat wat ons glo, iewers moet gaan stol het? Of is ons oor verandering in die kerk so die hel in dat ons gelate alle versigtigheid oorboord gooi en gretig teruggryp na juis die juk wat ons eeue gelede met goed en bloed moes afskud?

Hokaai, broeders!

Ek vermoed dat wat ons bedoel om te sê, is (met meer as net ʼn tikkie geïrriteerdheid): “Na tweeduisend jaar behoort die kerk tog seker al die saak uitgemaak het?  Kan ons nie maar die een of ander tyd begin reken daarop dat die kerk dit uiteindelik reg(-gehad) het nie?” (Pasop: hy sny twee kante toe, daai swaard…)

Helaas, “onfeilbaar” is geen raak  beskrywing van die kerk nie.

Inteendeel! Is die vertrekpunt, soos my gewoonte is, die Protestantse leer oor die sondige menslike natuur, is die kanse dat ons oor God verkeerd gaan wees, veel, veel beter as dat ons Hom in die sak het. Dit geld van my, en dit geld van ons almal saam.  Ek wonder nie meer hoekom ons met ontsag (Psalm 2 en Filippense 2:12 sê in 1953 nog “met vrees en bewing”) as verloste mense moet lewe (“ons eie heil moet uitwerk”, weer 1953) nie.

Moenie dat die pous julle flous dat onfeilbaarheid aantreklik lyk nie.  Oor die pous se “onfeilbaarheid” moes die Roomses al bontstaan.  O ja, die pous is inderdaad onfeilbaar, sê hulle, maar darem net in uitsonderlike gevalle, en onder sekere voorwaardes.  Die konteks van die onderstaande kritiek is ʼn gewroeg teen Vaticanum II.  Hieragter skuil woede oor ʼn nasleep van teologiese onsekerheid.  Daar word salf gesmeer deur vir die wysheid (lees: feilbaarheid) of gebrek daaraan, van dié kerkvergadering, én van die destydse pous, in die bres te tree:  hy/hulle kon verkeerd ook wees.

Just as it is possible for a pope to err when he is not defining a doctrine, for the same reason it is possible for a general council to err when it does not intend to issue a dogmatic definition – and this applies especially to Vatican II, the only council in the history of the Church that, as Cardinal Ratzinger admitted, “defined no dogma at all, and deliberately chose to remain on a modest level, as a merely pastoral council”.  http://thecatholicfaith.blogspot.co.uk/2012/11/papal-infallibility-and-its-limitations.html

By implikasie: dis toelaatbaar om van Vaticanum II te verskil (net toe die res van ons begin dink het ons het eindelik iets om met Rome oor saam te stem… ). Dis moontlik, want daar is nie aan al die tegniese vereistes voldoen wat dié uitsprake tot onfeilbaarheid sou verhef nie – dit was toe ook nooit die bedoeling nie.

Ek lees Short Stories by Jesus: the enigmatic parables of a controversial rabbi  deur Amy-Jill Levine (2014).  Sy skop af deur uit te maak dat nie eers die dissipels Jesus altyd verstaan het nie.

The Twelve, despite their commission by Jesus, consistently misunderstand him. (2014, 2)”

“Nor, alas, are the named women followers much better when it comes to understanding him. (2014, 2)

Markus benadruk dat die mense naaste aan Jesus sukkel om Hom te verstaan.  Kom dit by die gelykenisse, sê Levine, is dit goed om te weet, want nou kriewel daar by ons ʼn lastige agterdog oor of die dissipels se interpretasie van die gelykenisse toe reg was.  Levine wil dit hê dat Markus ons maan om dieper te delf as die dissipels, want hy vermoed daar sit meer daaragter as wat hulle raaksien, al bied hy hulle verduidelikings ook aan. Sê Levine,

“Mark’s (die Markus evangelie se) disciples are not the best candidates for accurately preserving  explanations of parables. … Mark is telling his readers, “go beyond the disciples, … interpret for yourselves. (2014, 3)

Nou ja, as Jesus se eerste twaalf volgelinge Hom destyds nie eers kon kleinkry nie, wat is die kanse dat die kerk Hom hier na 2015 jaar in ʼn blik gaan druk?  Nie die kerk, of selfs Jesus se eerste twaalf dissipels nie, nie een van ons is onfeilbaar nie.

Is dit ʼn verleentheid? Is dit ʼn probleem? Of is dit ʼn gesonde gewaarwording, sodat nie een van ons met te veel selfvertroue sal waag om te dink ons het Jesus nou goed deurgekyk nie?

Professor Alex Antonites maak n tydige opmerking in hierdie week se “Hervormer”.  Dit gaan daar om evolusie na aanleiding van die Naledi-vonds.

Kan feite en teorieë ook in die wetenskap verander? Dit kan en dit gebeur dikwels. Kan ons Christelike sieninge en teologiese beskouinge ook verander? Dit kan en dit gebeur ook. In die Bybelboeke sien ons die hand van die Heilige Gees, maar die skrywers is almal feilbare mense en nie engele nie.

Sowel die wetenskap as geloofsinhoude verander, sê Antonites, dog hulle

…verander nie sommer nie. … By sowel wetenskap as geloofsinhoude geld dit dat ons en wat ons weet, feilbaar is. Die apostel Paulus maak geen geheim daarvan nie dat ons ten dele ken. Vanweë deeglike toetsing is feite in die wetenskap baie stabiel. Tog is dit nie finale waarhede nie. Die wetenskap verander nie net nie, maar floreer en gaan vooruit in die lig van kritiek en selfkorrigering.

http://www.hervormer.co.za/index.php/140-evolusieteorie-en-die-gelowige

Nugtere besef dat ons kennis, ook van wat ons glo, voorlopig en ten beste nog maar net gedeeltelik is – God is immers groter as wat ons kan bid of dink – is ʼn soberende gedagte.  Hoe ongemaklik dit my ookal laat voel, dit sit my behoorlik op my plek: dit hou my nederig.

TeorieOns sal daarby baat vind deur hiervan kennis te neem in onlangse debatte oor hoe die kerk self kan (moet!) verander in die toepassing van geloof (teologie) op lewenskwessies, namate die konsekwensies van Skrifverstaan in praktyk verreken word.  Nie die Skrif verander nie, en ook nie God nie.  Maar die kerk, en ons geloof, groei in begrip en fyn aanvoeling weens blootstelling aan hedendaagse vrae en nuwe insigte wat vir ons opgaan.

Hantie sê altyd oor besluite van die verlede:

“Ons het destyds gedoen wat ons gedoen het met die lig wat ons toe gehad het.”

Dit laat my vermoed dit was nie foute daai nie; sonde dalk wel – nie met “sonde” hier veroordelend bedoel nie, maar bloot as erkenning van feilbaarheid, van “ten dele ken” – dit was die beste oplossings waarmee ons vorendag kon kom met die beperkte begrip wat ons toentertyd gehad het.

Kom ons haal diep asem voor ons breek en skeur.   Gamaliël had iets beet hier (Handelinge 5 : 38, 39):

“Wat die huidige geval betref, my raad aan julle is: Laat staan hierdie mense en laat hulle los, want as wat hulle wil en wat hulle doen, mensewerk is, sal daar niks van kom nie.  Maar as dit van God kom, sal julle hulle nie kan keer nie. Moenie dat dit dalk later blyk dat julle selfs teen God gestry het nie!” Die Raad het na hom geluister.

Juis so, en juis daarom, verander soms selfs die kerk.

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s