Dink soos `n dominee

Dis nie eerlik om te beweer ek gee nie om vir wat mense dink nie. ‘n Goeie naam is tóg belangrik. Maar `n goeie naam het met voorgee niks te make nie. Skyn staan my nie aan nie, nie eers om klein foutjies toe te smeer nie. Nes status en die kollig my nie geval nie.

DEN BOSCH-PALEIS VAN JUSTITIE-RECHTBANK

 

Tot ek Sondag in die kerk sit en besef die dominee het my ses weke laas gesien. Gegewe dat ek graag ietwat meer betrokke wil raak by my nuwe gemeenskap, tref dit my dat hy dalk kan dink ek is met erediens onverskillig. Skielik voel ek skuldig. Heeltemal sonder rede skuldig, troos ek my (soos werkheiligheid wil), want dis nie asof ek die laaste ses weke nie die Here gedien het nie: ek was in die vaderland, by pa wat siek was. Ek was elke Sondag in die Hervormde Kerk (J.P. is n bobaas prediker!) en het self een keer gepreek (gemaak en afgelewer). Toe, met die terugkomslag, het ek op uitnodiging by die Metodiste die evangelie laat hoor. En hier sit ek nou ses weke later en die dominee dink seker: vanwaar Gehasi? En die afkondigings oor die komende basaar laat my voel soos n vreemdeling in Jerusalem.

So tussen die sielewroeging deur besef ek: ek dink soos ‘n dominee. Ek dink soos ‘n dominee van die Hervormde Kerk, of dink dalk net ek so? Daar was soveel werk, onthou ek, en te min hande. Dit het baie vir my gevoel ek buig, en buig alleen, om al’s gedoen te kry. As ek na funksies alleen moes opruim, as ek by siekes nie kon uitkom nie, as ek nie gou genoeg op nood kon reageer nie, as die oues agterwee bly…

Sondag na Sondag het ek inspirerend wou preek oor die liefde wat dring tot diens.  En as ek alleen moes bontstaan om die ambulanswerk te doen, het ek dikwels sinies gewonder of enigiets daarvan teregkom. Het enigiemand gehoor? Want daar’s weinig gedoen. As die klagtes my bereik het van hoe ek tekortskiet, was dit vir my duidelik dat wat ander ookal in die koninkryk doen, hulle beslis niks doen wat my las verlig nie.

 

En met dié het nòg ek nòg die kerk aan verwagtinge kon voldoen. Eina!

 

Ek bekyk my uit my dominee se oë: daar sit hy, vreemdeling. Ook maar lank laas kom oë wys, nè? Slapgat! Waar’s jy as die kerk (ek!) jou nodig het?

 

Ek doen niks wat sy las verlg nie, sien…

 

Die dominee pleit en verwyt: ek moet kom help!

 

Ek wonder skielik of, as ek hy was en kon weet wat ek oor die laaste ses weke weet, dit sou verskil maak aan sy gepleit en verwyt dat ek betrokke raak en help?

 

Maar ek praat nie my afwesigheid goed nie. Die dominee staan hier ook maar te alleen vir my om vergenoegd te voel.

 

Wat sien die dominee van my? Wel, helaas, dat ek hom ook maar aan homself oorlaat! Hy dink dalk nes ek geneig was: ek sien jou nie dien nie!  Is jy nie ook maar ‘n dikgevrete gans wat so lekkerkry van niksdoen, dat jy nie eers meer gebodder kan wees om somer toe te vlieg nie – dit gaan gans te lekker hier waar al’s vir jou gedoen word? (`n Beeld ontleen aan Hansie destyds, een wat Oom Cecil altyd met lekkerkry onthou het.)  Ek dink ek leer nou met lidmaat-oë ook die kerk bekyk. Dominee, dink ek, ek hoor jou beter as wat dit lyk. Ek doen nie niks nie. Skep goeie moed.

 

Maar die dominee se blik laat my weet ek skiet nou weer hierin tekort: dat ek daai dominee te veel aan sy eie lot oorlaat.  Hy voel alleen.

Advertisements

One thought on “Dink soos `n dominee

  1. Ditis op die oomblik ‘n sukkelsukkelkyk vir my. Ek kan nie uit een van my oe sien nie nie my lidmaat oe of my doiminee oe nie. Maar daar is nog altyd ‘n bietjie lig…So mooi en raak geskryf Broer – dit lees soos heuning uit ‘n bottel – dis net bitter in my maag…

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s