20, en nog steeds lekker!

Dis `n klein gehuggie.  As die Valies weg is, is dit stil hier.  Daarom reken ons nie op `n toustanery nie.  Dog, aangekom by Port Edward se biblioteek, staan die bont burgers van die vaderland geduldig en gesellig en wag. Maar ons het darem `n sak nartjies om ons te hou tot ons tuiskom, want ons is ontbyt belowe.

Pa sit-sit sy pad vorentoe.

Stemtou op Port Edward, 7 Mei 2014
Stemtou op Port Edward, 7 Mei 2014

In die tente om die uitgang kekkel die ANC’s en die DA’s, en later kom sluit die VF+ ook aan.  Daar’s “blounamie” plakate met die wit Joodse tannie wat kan kwêla en Xhosa op.  Eenkant waai die wind vir Mulder onderstebo en `n oom struikel oor die ANC-tent se ankertou. “Vandag wen ons hier!”, sê iemand uit `n opposisieparty.  Ha-ha, lag die res. Goedige verskil.

Die manne kom kortbroek-en-flipflap besluit wie die land moet regeer.  Die tantes sukkel om die vierwiele geparkeer te kry.  Die Polisiemanne se boepe hang swaar oor die gordel, maar hulle kuier op Afrikaans tussen die kiesers deur.  Kinders gaan saam die stembus in, hier en daar ry een op ‘n rug.

Binne is dit gasvry en bekwaam.  Hier’s nie moeilikheid nie.

Twee stembriewe en tientalle opsies verg fyn konsentrasie.

Het Suid-Afrika grootgeword?  Is ons demokrasie op twintig eindelik mondig? Verdraagsaamheid en vredemaak is immers volwasse, dan nie?  Is ons politiek regtig al `n viering van vryheid en die stembrief `n instrument wat ordelik verandering kan aanbring?

Dit bekommer my dat 29 partye meeding.  Met enkele groot kanonne is die verdeeldheid nog nie gevaarlik nie, maar dit kan goeie regering kniehalter.  Ek hou van proporsionele verteenwoordiging.  Ek hou van die onderhandelingspolitiek in `n veelparty-wetgewer, maar versplintering kan in Afrika ook `n doodsteek wees.

Ons hét nou gestem.  Dié deel daarvan was vry en regverdig, vreedsaam en, ja, lekker!  Nou wonder ek of die stemme die getellery gaan haal…  Maar ek weier om op `n vals noot te sluit:  as dit orals gaan soos hier vanoggend, het demokrasie werklik wortel geskied.  Daaroor skink ons nou n kelkie Kaaps.

Advertisements

One thought on “20, en nog steeds lekker!

  1. Lekker gelees hieraan my maat! Dit isvir my ook nog lekker gewees en die gemoedelikheid was tasbaar! Ekhet dit geniet om tou te staanen te stem.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s