`n Kerkery

Sunday Assemblies“Ons verander die wêreld”, se die bebaarde kêrel.  Hy choreografeer ʼn groepsdans.  Hulle skaterlag oor hulle foute, sukkel om by te hou en moedig mekaar aan.  “Net oor jy belangrike goed aan die doen is, beteken nie jy mag dit nie geniet nie.”

Sanderson Jones is ʼn komediant.  Met die kan mens ʼn gelag verwag.  Hy is ook ʼn dominee.  Wel, soort van…

“Wat gaan ek hierdie week met myself aanvang?” vertel hy.  “Op Woensdag het ek ʼn bietjie tyd.  Dalk net genoeg om ʼn kerk te stig.”  So ontstaan aan die begin van 2013 die “Sunday Assemblies” hier in die Verenigde Koninkryk. ʼn Godlose kerk.  Op Sondae kom hulle bymekaar vir, wel, diens.  Hier word geen melding gemaak van God, Christus, Gees of afgod nie.  Trouens nie eers van godsdiens nie.  Maar daar word “gepreek”.  Of betrag.

Daar’s selfs liturgie.  Of minstens orde.  Na nadenke kom sang.  “Don’t stop me now!” van Queen.  “I’m having such a good time!” Dan meditasie – stilgebed se moses.  Daar’s ʼn koor, kollekte en koek en tee.  Kerk, in alle opsigte dan, al is hierdie lekkerliedjies meer tuis op Jakaranda as in die Liedboek.

“Ons vier wat ons almal gemeen het: dat ons leef.  Die lewe is viering werd.” Aldus Jones.  Dus trouens al wat daar is om te vier: hierdie kortstondige lewe.

Wat die byeenkomste nie met gelowiges in gemeen het nie, hoewel hierdie een tog in `ʼn kerkgebou plaasvind, is dat godsdiens en geloof hier taboe is.  “Sunday Assemblies” is vir godloses bedoel.  Vir mense wat nostalgies is oor godsdiens, dalk.  Vir mense wat erediens mis, maar vir God nie kan veel nie.  Vir mense wat na gemeenskap verlang, maar vir gemeente nie lushet nie.  Ateïste, dus, en agnostici, geloofloses, verlooptes, verlorenes, verveeldes…

En nee, voor jy dink dis vernuftige lekkerkerkery met `ʼn versteekte sendingagenda: dis beslis nie.  Dis nie kerk nie.

In onderhoude met gemeentelede se hulle: “Ons span menslike goedheid in.  Daar is so baie van: 60% van alle Britte is geloofloos.  Dink net wat ons kan vermag as ons hulle kan inspireer en inspan om goed te doen!” En: “Ons bied `ʼn gemeenskapservaring.”

Die eerste van die “Sunday Assemblies” het in Januarie 2013 in Manchester VK beslag gekry.  Daar’s nou al 35, dalk 40 voor Kersfees.

Dit laat my wonder of ons hier in die Kerk steeds weet waarom dit in kerk gaan?  Of erediens en gemeentewees steeds oor God begaan is, en of ons dalk so versot is op kerkery dat ons vir God ook mis, maar dit nie eers meer agterkom nie?  Of nie meer omgee nie?

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s