Ha!

Die Ha!Man, Francois le Roux. `n Meester.
Die Ha!Man, Francois le Roux. `n Meester.

Francois le Roux, Die Ha!Man, slaan die asem weg en sit die hart op galop. Ons was op ons voete – jy kon nie bly sit nie – vir die vreeslik-ver-my-af Sarie-van-die-Mooirivier-se-wyk,  het saam gedans op ritmes wat ‘n tjello nie veronderstel was om te ken nie, is meegevoer deur Afrika-krieke,  weg tot in die Vrystaat se sagte donderslag-hart en het moed geskep vir Afrikaanses in Afrika. Ons het seker gekke van onsself gemaak voor statige stiff-upper-lip-Engelse vriende, maar wie gee om: ons bloed was vir die uur suiwer swart.  Ver, ver, ver in die ou Kalahari…

O, die heimwee.

Maar dis nie net oor die nostalgie nie.  Ek daag jou uit om die Ha!Man se alles-of-niks show te beleef en onaangeraak daar uit te loop. Die man se lyf word instrument, asem, arms, vingers en voete voel-voel en vat-vat orals tegelyk, so vinnig dat jy later glo daai tjello en klavier kry iewers bloed vandaan: hulle’s almal deel van hierdie woelige stuk mens wat jou met geluide saamvat na plekke toe wat jy mis dat dit seermaak, en na plekke toe wat jy nie ken nie maar graag wil wees. A slice of larger-than-life! Hy gee en gee en gee homself.  Dat hy gedaan sy buiging vat, is geen wonder nie, want jy’s self leeggetap.  Dis jubel-en-juig en rillings-teen-die-ruggraat-af-goed hierdie.

Verstommend. Letterlik: watter woorde doen gestand?

Francois le Roux het teen die einde van sy kamerkonsert hier in ons kapel in Londen hulde gebring aan dierbare vriende Koos en Hantie Kruger. Hy het afgesluit met `n komposisie wat hy vir die Kollig Fees in Durban gemaak het, toegewy aan Koos en Hantie Kruger. Dis toe later ook by die Voortrekkermonument in `n Geloftefees gebruik. “Ek wou dit skryf as `n geskenk aan Koos en Hantie, want die Kolligfees het my vir `n tweede keer genooi. Dis vir my `n groot eer.” Hy pluk nie net tjellosnare nie.  Daar sit ons toe stukkend van die verlang.

Advertisements

One thought on “Ha!

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s