Die Skrif aan die muur

Rosetta Steen, Wikipedia
Rosetta Steen, Wikipedia

Ek het al dae lank in die Britse Museum deurgebring.  Ek het elke keer ou en nuwe skatte ontdek. 

Ek word telkens omgeboul deur die rykdom van koppies en kruike en kosskottels, muurpapier in reliëf, juwele en klere, meublement en monumente, marmer beelde en gebalsemde mense.  Die helfte van die Partenon is daar, of soveel as wat die Engelse daarvan kon wegdra, tot gramskap van die Grieke. En skrif.   Die skrif was meestal aan die muur, in tempels en paleise. Die Rosetta steen is  daar.  Daar’s kleibeursies met kaart en transport, Egiptiese hiërogliewe uit grafkelders en spykerskrif stories van konings se oorwinnings. Hulle verleentheid word verswyg of goedgepraat (“spin!” – niks het sedertdien verander nie.)  En die vaandel van Ur, Abram se stad van oorsprong, met uitbeeldings van Oorlog en Vrede.

Dit bly bevredigend  dat opgrawings leidrade tot oergeskiedenisse onthul wat in verband staan met Bybeltydse gebeure. Dat buite-Bybelse bronne van Israel weet, al steur hulle hulle nie veel aan God nie, en dat die Bybel wat ons op dun papier en veranderlike elektronika te sien kry, tog iets te sê het oor wat hier in klip gegrif sit. Trouens, destyds al luidkeels saamgepraat het oor mense en oor God.  Die Skrif is aan die muur.  Letterlik.

Vaandel van Ur: Vrede, British Museum
Vaandel van Ur: Vrede, British Museum

Ek is dié keer nie soontoe om te sien wat ek nog nie gesien het nie.  Willem het my saamgenooi.  Dié keer het ek my verlekker, nie in artefakte nie, maar aan Willem.  Wysbegeerte het my destyds geleer dat alle kennis by verwondering begin.  Waarom gee ons verwondering so maklik prys?  Willem wou met my sy geesdrif deel oor die gewaarwording dat die wêreld weet wat in die Bybel gebeur.  Met die Bybel in die hand kon ons teruggryp na Jehu en Jahweh, Baäl en Serubabel. Ek verkyk my aan Willem se groei, en verkneukel my aan die diepte van sy insig. Die herkenning van sy kennis van God inspireer.

Ek kon opnuut my eie opgewondenheid voel opwel. Die terugblik oor God se tyd en oudheid, en oor geloof se herkoms, was weer heerlik vervullend.

Museums is getuienis van menslike impak op ons wêreld, en soms selfs van God se aanraking. Maar dis in mense dat ek die lewende God teëkom.

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s