Koue voete oor vrouevoete

Pous Fransiskus het oor die Pase gelowiges opgeroep om te getuig van die oorwinnende, gekruisigde en opgestane, Christus .  

Self is hy tronk toe om voete te gaan was en soen. Hy doen dit van Argentinië se dae af al. Knielend, het Fransiskus twaalf pare voete gewas, wittes, swartes en twee paar vroulikes waarvan een `n Moslem is. `n Eerste vir `n pous. Imitatio Christi op sy beste. “Wie lei moet dien”, preek hy toe.

Joernalis Sadhbh Walshe (nee, ek kan dit ook nie uitspreek nie, die vrou is Wallies) skryf toe hier in die Guardian:

Francis.feet“I’m not sure which is the worse offense, washing the feet of a woman or washing the feet of a Muslim. (One of the prisoners was both, which will surely mean a long stint in purgatory for her). Interfaith feet washing is apparently being seen by some as a worrying sign of religious relativism, and washing women’s feet is generally frowned upon, and even banned in many dioceses, because the 12 apostles whose feet Jesus washed were all male.”

Sy haal `n Roomse blok aan wat kla oor Fransiskus: hy moet liefs eers die wette verander voor hy hulle oortree, sê die blok (Rorate Caeli) vies.

Moenie `n fout maak nie, sy met die onuitspreeklike naam is beïndruk. Sy is `n verloopte Katoliek wat padgegee het oor die Kerk nie haar voete `n wassery werd ag nie. Ek moet sê, die opskudding oor `n vrou nou skoon voete het is vir my ook maar vreemd, maar oor die Moslemwassery, daaroor sal ek nog eers weer moet gaan dink.

Walshe skryf: “What has gotten lost in this whole foot washing debacle and the subsequent debate about tradition and breaking with it, however, is the fact that something lovely might be happening at the church’s seat of power. It struck me …how rare it is to hear a powerful figurehead speak about the poor in a way that doesn’t demonize or demean them. This new pope seems to have genuine concern for the most challenged members of society and better still seems to be prepared to use his pulpit to help them.

Ek is nie juis gepla deur die Rooomses nie, dis oor die vroue wat ek dit het.  Of oor geslag, dan, oor die algemeen. En oor die impak wat pouse en predikante diékant van die groot water steeds maak op (on)gelowige Europa, en op geloof in besonder.  Hulle is daagliks in die nuus.

Ek skryf self.  Ek weet hoe om iemand selfs in `n goeienuus-storie te laat sleg oorkom. Ek weet die openbare beeld van die kerk is modder.  Maar die motivering vir waarom vroue se voete nie wasbaar is nie, steek dwars in die krop. En die puntenerige rondtrappery oor reëls dien nie juis die koninkryk nie.

Nou het ek nog nie eers aangespreek of ons ons hoegenaamd in `n voetewassery moet begewe nie? Kry ek koue voete, of net maar nog `n bruikbare simboliese handeling soos swart aantrek Vrydag nagmaal toe? (Hier waar ek sit het ek koue voete – dit het vandag nog gesneeu!)

In `n onverwante artikel in die Guardian word Fransiskus aangehaal as sou hy gesê het vroue is vir die Roomse Kerk van wesenlike belang.  Vroue het `n uitsonderlike rol as die eerste getuies van Christus se opstanding, en dis vroue wat eerste geloof aan hulle kinders oordra. Hy het in `n preek op die Petrusplein gesê vroue maak deure na God toe oop. In Bybeltye is vroue en kinders nie as getuies gereken nie. Maar in die evangelies, sê Fransiskus, het vroue `n deurslaggewende rol. Die skrywers gee bloot weer wat gebeur het: die vroue kom eerste met die nuus dat Jesus leef. Dit sê vir ons God kies nie met menslike oorwegings nie.

Dis al die tweede keer dat hierdie pous in sy kort loopbaan oor vroue preek. Marinella Perroni, a teoloog wat graag vroue se rol in die Kerk meer sigbaar wil maak, het gesê die pous se siening is opmerklik anders as Benediktus XVI.  “The fact that the pope acknowledges that the progressive removal of female figures from the tradition of the resurrection … is due to human judgments, distant from those of God … introduces a decidedly new element compared to the previous papacy,” sê sy.

Advertisements

One thought on “Koue voete oor vrouevoete

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s