Saam met en soos die kerk

News24 het die verklaring van die Nederduitsche Hervormde Kerk geplaas.  Enersyds is dit jammer dat so `n publikasie hoegenaamd nodig geag is.  Andersyds is dit `n vars bries.  Anders as die groot kerke hierlangs se persverklarings die afgelope naweek – die kerke gebruik die groot Christelike feeste om openbare verklarings uit te reik, want hulle het dan die media se oor – is hierdie getuienis van doodluiterse geloof, “niks minder en niks meer nie”, `n netjiese fokus op waarom die kerk hoegenaamd bestaan.  Die Hervormde Kerk kan maar elke Pase so maak. Elke Sondag ook, trouens. 

Kerkwapen Swart en WitDie algemene kommissie van die Hervormde Kerk het in ’n openbare getuienis gesê “dat ons Here Jesus Christus sowat 2 000 jaar gelede werklik mens geword het, werklik gely het en aan die kruis op Golgota gesterf het, en net so werklik uit die dood opgestaan het”.

Dié verklaring is gedoen te midde van ’n skeuring in die kerk waartydens die kerk en sy leiers dikwels van dwaalleer beskuldig word.

In sy verklaring met die oog op Paasfees sê die kommissie hy is bekommerd oor die mate van geloofsverwarring in die gemeenskap.

Daarom bely die Hervormde Kerk haar geloof in die Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees.

“Ons bely dat Hy die ganse heelal geskep het en steeds onderhou, dat Hy ons van ’n sondige, sinlose en vlietende bestaan op aarde verlos het, en dat Hy ons steeds lei en troos.

“Ons glo dat God Hom in die Bybel aan die mensdom bekend maak, en daarom is die Bybel bo alles die bron en norm van ons geloof. Ons glo dat God in Christus mens geword het, en Homself só binne die ruimte van ons geskiedenis aan mense bekend gemaak het.

“Ons glo dat God Homself steeds vandag aan mense bekend maak, oral waar sy Woord verkondig word, waar gelowiges hierdie Woord uitdra en van die werking van sy Woord en Gees in hulle eie lewens getuig.”

Die kommissie sê daar word soms aan die kerk eise gestel om meer of minder te bely as wat in die Woord van God staan oor die kernsake van die geloof.

“Die Hervormde Kerk kies om saam met die Kerk van die eeue te bly by dit wat ons in die Skrif vind. Niks meer nie en niks minder nie.”

Amen.

Advertisements

One thought on “Saam met en soos die kerk

  1. Hi Hennie, ek stem heeltemal saam met jou. En ook met die verklaring. Ek dink ons Hervormers moet stilweg ons gang gaan en nie enigsins ‘n ophef maak van enige iets nie. Doen net ons ding ter ere van God, dis al
    Groete

    Kees

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s