Pretensieus?

Ek is oor min goed wat ek skryf so skugter as die gedigte.  Die goed kan te maklik pretensieus wees.  Gedigte gee `n slimmmigheid voor. Eers as digkuns daarin slaag om bedoeling so te verdoesel dat jy `n graad moet hê om uit te werk wat jou eie taal sê, dra dit by tot die gekletter van geletterdes.  Dit versoek my nie. Dis net dat mens so kan verdrink in jou eie betekenis, dat jy nie meer kommunikeer nie.

Tweespalt

Ek knak van jou `n nartjieskil en ruik jou in haar geur

Ek kry jou in die bad se water en as ek in die grond `n gat oopkrap

Knip ek my naels, kom ek jou agter

Ek leer by jou atome skei en selle oes

Kam ek my hare, volg ek die paadjie wat jy loop

Asem blaas glas en staal word sag met net `n bietjie van jou vuur

Jy’s daar as ek inbeur en uitkom

Jou lig blink in harde diamant

Ek weet van jou as ek my hart voel klop.  

.

Ek breek jou brood

Jy vlek die goddelike vel tot op die been oop

Ek sluk jou met wyn af

Jy laat my toe om te proe

.

Ek wou nog `n brug bou, toe is jy al hier, die tweespalt oor

Sien jy nou wat ek bedoel?

Advertisements

One thought on “Pretensieus?

  1. Skaars is die ink droog of ek skiet my in die voet. T.S. Eliot sou geskryf het: “People are exasperated by poetry which they do not understand and contemptuous of poetry which they understand without effort.” Nou ja…

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s