Rugkrap

Daar is goed wat mens nie oorvertel nie, oor dit opgeblase klink.  Soos lof wat jou eens toegeswaai is. 

Ek herhaal dit nie om stert te prys nie.  Verlekkering is dit nie, dog, ek moet erken, dit laat my nou nog goed voel.  Ek dink oor die uitwerking wat aanprysings het.  Kort op die hakke van die skouerklop en rugkrap, kom die vrae: is dit nóg ek?, vervul ek nog dié verwagting?

Ek was een van daai ongemaklike tieners, onseker van alles, onfiks; trouens ongeoefen in enigiets wat onder seuns respek afdwing.  Gekoggel en gespot het my laat bid vir reën op Dinsdae, want dan spring ons LO vry.  Eendag op die veld sê Cobus uit die bloute: “Jy’t `n mooi bors.”  Ek het nie gereageer nie, want ek moes verkeerd gehoor het.  Ek was nog nooit gemaklik in my vel nie, nie daarvóór nie, en ook nie juis daarná nie.  Maar dit help.

“Jy’s eg”, het prof Hans eendag van my gesê.  Ek’s bly dit was eens waar; is ek dit steeds?

Oom Koos het na my preek in Pietermaritzburg vir die gemeente gesê: “Vandag is hier Christus verkondig.” Jy gee geen Hervormde dominee groter lof nie. Ek bid dit verander nie.

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s