Doodstraf

Die Nederduitsch Hervormde Kerk het in die 1990’s `n wyse besluit geneem: dat daar geen Bybelse gronde vir die doodstraf te vinde is nie, en ook niks om dit te verhinder nie.  Dat lidmate van die Kerk aangemoedig word om die saak self uit te maak.  En dat elkeen self verantwoording moet doen vir die standpunt wat hy / sy hierop nahou.   MarylandEk is teen die doodstraf gekant. Nie oor ek jammerhartig voel oor geweldmisdadigers nie.  Ek dink trouens die regbank gaan oor die algemeen nie ver genoeg nie en verloor daarom geloofwaardigheid.  En aan `n regbank wat jy nie kan vertrou om die regte ding te doen nie, kan jy nie `n mens se lewe of dood oorlaat nie. Onreg lewer te veel martelare op. Ek is daarom bemoedig dat die Amerikaanse staat van Maryland besluit het om die doodstraf op te skort.  Ses van die Verenigde State het die afgelope ses jaar die besluit geneem.  Agtien van hulle het nou die doodstraf opgeskort. Kliek op die foto vir meer van Amnesty International.

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s