Pous Fransiskus 1

The newly elected Pope Francis I waves to the crowds from St Peter's basilica.Buena Sera!  Welkom Pous Fransiskus.  Die nuwe biskop van Rome is `n Jesuit uit Argentinie. Hy vra liefde vir die wereld, gebede vir homself en evangelisasie vir Rome…

Moenie die fout maak om te dink dat Fransiskus 1 se rolmodel die oorspronklike Fransiskaan uit Assisi is nie.  Dog, hoe gou het die media nie die assosiasie gemaak nie, en in sy houding en versoek vir voorbidding dadelik Assisi se nederigheid herken nie…

Aikona!  Ek dink anders.  

Hierdie pous is van die Jesuite-orde, die sogenaamde “Vereniging van Jesus”.  Hy is nie `n Fransiskaan nie.  Hy is die heel eerste Jesuit wat pous word.  Die kanse is dus, myns insiens, baie beter dat hy homself openlik wil verbind met Fransiskus Xavier, die heilige wat sy Jesuite-orde tot stand gebring het.

Fransiskus Xavier, gedoop Francisco de Jasso y Azpilicueta was `n sendeling, `n Spanjaard.  Hierdie Fransiskus, gebore op 7 April 1506,  sterf op op `n sendingreis na Sjina, op Shangchuan Eiland. In die illustrasie hiernaas word die oorspronklike Jesuit uitgebeeld waar hy Paravas in Goa, Indie, tot bekering bring.

Dan maak dit goed sin dat Kardinaal Jorge Mario Bergoglio in sy eerste gesprek met sy gemeente vra vir die “evangelisasie van Rome”!  Sal evangelisasie sentraal staan in sy voorgenome betrokkenheid by die wereld?  Tyd sal leer.  Indien wel, is hy ook na aan Kardinaal Ratzinger, die pous-emeritus Benediktus 16. Vanjaar is in die Roomse Kerk die sogenaamde “Jaar van Geloof”, en dis `n regstreekse uitvloeisel uit Pous Benediktus se fokus op “Nuwe Evangelisasie” (Sien my voordrag oor die onderwerp elders op my blok).  “Nuwe Evangelisasie” is die formele term wat die Katolieke Kerk gebruik om te beskryf hoe dit `n wereld wat toenemend koud en vyandig staan jeens geloof met die evangelie wil benader. Dis Benediktus se nalatenskap.

`n Sending-pous dus?  En `n pous wat sommer in Rome al wil evangelisasie doen?  Benediktus 16 word alreeds bestempel as die eerste “moderne” pous.  Ek begin vermoed Fransiskus 1 is nommer 2.

Foto’s: The Guardian en Wikipedia

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s