`n Goedgeaarde dominee wat kan voorloop

Daar’s net een kaal kerel oor in Michelangelo se verbeelde verdoemenis.  Hy staan heel onder heel regs. Maar miskyk kan jy hom nie, aangesien Michelangelo hom staangemaak het bo een van net twee deure in die Laaste Oordeel-muur van die Sisteense Kapel. Die ander deur is net vir pouse.

minos-michelangelo-last-supDie kale knaap is in `n hoek, letterlik en figuurlik.  Daar’s `n slang wat aan hom (ahem!) vreet…

Hy’t `n naam: Baigo da Cesena.  Hy’s `n regte mens. Kardinaal en pouslike “seremoniemeester”, maak Da Cesena toe mos die fout om die bejaarde Michelangelo van die steierwerk af te roep en te kla die mense is te kaal.  “Sies man! Dis `n heilige plek die!  Dit aard beter in `n bordeel!” (Baigio was minstens hieroor eerlik: mooi is die Oordeel nie.  Maar dit was so bedoel, se kenners van die meester.)

Die ou met die slang was eers net Minos, seun van Zeus en Europa, en regter in die onderwereld, hier self op pad hel toe. Toe Baigio by die pous gaan kla oor al die kales in die kerk, se die ou vader: “Ek het geen se oor die oordeel nie.  Buitendien, ons kom kaal die wereld in, ons gaan seker ook so hieruit.” Dis toe dat Michelangelo Baigo se kop op Minos se lyf oorplant. Hoef ek te se die kardinaal was kwaad? Michelangelo het later tog besgegee en begin om lap oor almal se skaamtes te drapeer.  Baigio de Cesena kry `n slang… (Eina!)

Van vandag af kom die kardinale voor die Laaste Oordeel te staan om uit hulle geledere `n pous te kies. Ek gaan Protestants wees en my aanmatig om my uit te laat.

  • Hulle sal goed doen deur te onthou dat die een op wie die lot val, so kaal soos Baigio da Cesena anderkant gaan uitkom.  Nie net gaan die media hom stroop nie, God gaan ook.  In God se oordeel is daar nie vooroordeel nie, en trone en swier beindruk Hom nie. Die kerk (ingeslote die Kerk) en wereld sal hom aan die korthare beetkry. Mense se oordeel ken geen genade nie.    
  • Anders as Baigio, moet die vader nie vir mense sy neus optrek nie. Moenie “sies!” nie.  Laat die oordeel aan Christus oor, en he saam met Hom in ons `n welbehae.    
  • En hou in gedagte die wyse pous wat vir Da Cesena in die hoekie laat staan het.  Hy’t geweet daar’s goed waaroor selfs pouse geen seggenskap het nie.

Net domastrantes  sal beweer die pouslike verkiesing raak ons nie.  Ek bid vandag dat die grootste Christengroep `n goedgeaarde dominee kry wat in sy Kerk kan voorloop, agter Christus aan.  

Kliek hier om te lees hoe `n nuwe pous verkies word.

Advertisements

One thought on “`n Goedgeaarde dominee wat kan voorloop

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s