Sonde en sondig

Sonde is nie wat ek doen nie.  Sondig is wat ek is.

Cricket-Ball-381435As sonde dade was, kon wetgewing, wraak en straf die probleem maklik aanspreek.  Die Tien Gebooie sou kon werk vir `n basiese manifes, die Torah as `n model grondwet, `n goeie regstelsel met begaafde rigters of regters sou Salomo-styl kon interpreteer en toepas en vonnis, en “Bob’s your uncle”!  Wat oorbly is krieket op skool.  Benewens die geestelike waarde van sport, is krieket die sport van “gentlemen” (die langer weergawe van die spel is verkiesliker: elkeen kry `n beurt, en wat jy in vyf dae nie kan leer van selfbeheersing en sportmangees en die beskaafde gebruik van gereelde koekies en tee en drie maaltye per dag nie, is nie die moeite werd om te weet nie.”All very civilised, what?”)  Maar beste van alles is dat krieket jou van kleins af leer boul.  Of raakgooi. Ek wil nou nie banaal klink nie, maar om te kan goed mik is dalk genadig as jy vonnisse voltrek. (lees: stenig). Wraak en bloeddors is sulke natuurlike drifte dat ek nie voorsien ons sou `n tekort he aan vrywillige laksmanne nie.  En siedaar: `n ordelike samelewing.  (Addisionele bonus: tandtegnici en ouens wat glasoe maak gaan ryk word soos bankiers, want ons wil almal darem minstens nog soos Amerikaners lyk, al kan ons self nie meer sien nie.)

Sonde is geneigdheid, natuur, aard.  Dis menslik. Ek is sondig en doen daarom sonde: dis my werk, my wese. (Ek sou kon se dis instink, maar daai woord ruik nie so goed nie, ne? En siende dat ek so duur betaal aan Boss Bottled – dis al wat staan tussen my en die wildernis – is die woord nie van pas nie.  Nooit!  Ons is tog nie diere nie!  Van nature sondig, maar nie diere nie!)

Sonde kom sommer vanself.  Sonde is wat gebeur as ek sonder nadenke sommer maar net wil wees. Of met deurdagtheid myself wil wees.  Sonde is so lekker diep gewortel, dit verg nie moeite of beplanning nie.  Dis bloot `n ingesteldheid op myself.  En dit vind ek nie so moeilik nie. So baie goed is in my belang om van te weet en in beheer van te wees, dis amper oorweldigend.  Soveel mag het my soms dronk in die kop.  Ek is beindruk oor wat ek al’s kan vermag!  Soos `n vark in modder is ek hier tuis: dis my plek!  Snaaks, ek voel nie verlore nie: pa se varkkos is lekker.

Sonde is `n fabrieksfout, lees ek nou die dag.  Ek kan verstaan dat Stefan wil se die hele lot van ons het een en dieselfde probleem, en dat die ding ver kom.  Dat ons so ge-“wire” is.  Maar dis nie God se skuld nie (en dis my probleem met die maaksel-metafoor).  Feit is, was dit nie vir God nie, het ons dit nie geweet nie (dat ons sondig is nie – ek worstel nog met die implikasies van skeppingsteologie).  Ek vermoed sonde is die eerste ding wat jou soos `n hamerhou uit die bloute tref as jy die dag besef jy’t nou met God te make.  Al daai ouens in die Ou Testament getuig van hoe bang hulle was toe hulle agterkom God is hier: hulle val hulle kniee nerf-af en man en muis bely hulle’s nikswerd. Oor sonde!  Daarom staan dit ook in die Twaalf Artikels: “Ek glo in die vergifnis van sonde”, want nes al die ander goed wat daar staan, net waar is as jy glo, is sonde my eerste geloofsbelydenis. Ek bely nie sonde oor ek so vreeslik skuldig voel nie.  God kla my aan as my gewete my vryspreek, sodat, as God met geloof aan my vatkans kry, is sonde die eerste ding wat ek beleef, tot my skande.

Sonde sit nie in my hande nie.  Sonde bruis soos vitamine in my bloed. My hande kry wat my hande vind om te doen oor my kop dit loop soek het.  Hier’s nie sprake van per ongeluk, selfverdediging, kop verloor, sielsiekte, of dergelike goedpratery van wat ek aangevang het toe ek die pad byster geraak het nie.  Dit klink te veel of ek darem nog soms op die pad was, oor ek dalk diep binnekant tog kinderlik onskuldig en inherent goed is.  Ek is nie.  So, basta met hierdie nuwe kultuur van die daad te oordeel maar die dader te paai.  Gaan praat met iemand wat my vergifnis skuld en hy sal jou vertel dit werk nie so nie. Alles is voorbedagte rade.

As dit nie so was nie, wat op aarde, Here, het Christus hier kom maak? Wat is sonde dan dat Hy die enigste manier was waarop sonde uitgeroei kon word?  Wimpie het in Rome tereg gese die fokus hoort op die probleme wat net God kan oplos. Sonde is een van hulle.

Ek sou van sonde niks geweet het as dit nie vir God was nie.  Ek sou uit sonde nie kon loskom as dit nie vir Christus was nie.  Al kans wat ek het oorhet om my sonde te bowe te kom, is dat die Gees my denke vernuwe en my lewe oorvat.

Die kanse is dus heel goed.

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s