Oom Ben

Vir die eerste keer in 600 jaar besluit die oom hy’s oud en moeg en wil gaan rus. Want hy’s regtig gedaan.

Hennie and Pope BenedictDis al’s behalwe ou en afgeleefde gebruik (die laaste keer dat `n pous bedank het – 1615 – was dit oor sy Kerk geskeur het…). Om te wil aftree oor `n onbenulligheid soos siekte en ouderdom, is juis ongehoord hedendaags, nuut, en geheelenal te realisties en menslik vir baie wat die hemel wil sien as hulle net na hom kyk. Dog, dis oom Ben daai: wys dog menslik.

Dis juis tekenend van oom Ben se jare by St Peters ook: hy hou rekening met die mens wat hy is. Hy getuig toenemend van die doodgewone menslikheid wat hy vir sy geloofsgemeenskap probeer versinnebeeld het na Johannes Paulus II. (Loop in Rome rond en jy sou vergewe word as jy vermoed JPII “is alive and well and living in flat overlooking the square” – die plek is vol van hom, “larger than life”.) Ratzinger is, na alles, `n Duitse teoloog! Hy’t sy voete op die grond.

Maar nou tree hy af want die Kerk het iemand nodig wat met sy voete op die grond kan vasstaan, en `n tree of wat kan loop ook, se hy. (Hardloop was nog nooit `n opsie nie!) “Want ek kan nie meer nie,” is wat die man met die direkte lyn impliseer.

Sulke openbare en baie praktiese getuienis van die pous se menslike swakheid en eindelik ook sy feilbaarheid vertel van `n mens wat rekening wil hou met die werklikheid en min erg het aan die mensverheerliking en ydele vergoddeliking van sy amp. Dis nie verniet dat hy die pouslike kroon in `n glaskas in die Vatikaan museum gaan bere het en toe nooit weer gedra het nie.

As daar een ding is waaraan sy Kerk oom Ben moet onthou, is dit hierdie nuwe realisme wat grond in eerlike menslikheid, en (soos ek glo) opregte geloof in ons menslike gevallenheid. Maar natuurlik gaan dit nog nie ver genoeg nie! Een swaeltjie maak geen somer nie. Dog, as die Roomse Kerk een van oom Ben se skuifeltreetjies met hom saamgeloop het, was dit alreeds “one giant leap for mankind”.

Kortom, ek hou van die man.

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s